Z-generasie wys dat hulle ʼn gesonde spaarkultuur ontwikkel

Sondag, Desember 11th, 2016

ʼn Verbasend groot getal werkende jongmense tussen 18 en 23 jaar neem ʼn verantwoordelike benadering tot geldbestuur aan, sê die Ou Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor.

 

Die Monitor, wat die verskuiwings in die finansiële standpunte van Suid-Afrika se werkende metropolitaanse bevolking volg, het gevind dat 77% van Z-generasierespondente ʼn bonus van R10 000 sal gebruik om skuld af te betaal (28%) of om óf korttermynbeleggings (33%) óf langtermynbeleggings (16%) te maak.

 

“Nog 14% het gesê hulle sal dit uitgee en die meerderheid het bevestig dat hulle duur handelsmerkartikels geniet en selfvertroue daaruit put,” sê Ou Mutual se navorsingsbestuurder, Lynette Nicholson.

 

“Hoewel die meeste hulle nog nie tot formele spaar verbind het nie omdat hulle glo dat hulle nog te jonk is of nie genoeg verdien nie, behoort 34% reeds aan ʼn pensioen- of voorsorgfonds, en 21% het in aftreeannuïteite belê. Omtrent 28% het ʼn begrafnispolis, 26% het kontantspaargeld in die bank, 25% het risikodekking en 12% het effektetrusts.”

 

In hierdie opsig volg Suid-Afrika se Z-generasie die wêreldwye neiging. ʼn Studie in Junie 2015 deur die VSA-gebaseerde T Rowe Price het gevind dat die Z-generasie oor die algemeen goeie finansiële gewoontes het.

 

Ons Z-generasie se gemiddelde inkomste is R8 900 per maand en hoewel min met hul huidige finansiële status tevrede is, is 85% optimisties oor die toekoms.

 

Nicholson voeg by: “Die meeste het hul finansiële kennis van hul ouers en vriende gekry, maar net 40% voel dat hul kennis voldoende is en net 41% sê hulle bestuur hul finansies goed. Dit beklemtoon die deurlopende behoefte aan deskundige finansiële opvoeding vir hierdie generasie.”

 

Wat nie verbasend is nie, is dat elektroniese en digitale produkte hoog op hul lys van aankoopprioriteite is en om in staat te wees om dit te kan bekostig motiveer 84% van dié wat spaar. Spaar vir huishoudelike toestelle en meubels is hul tweede spaarprioriteit (63%), met spaar vir ʼn kar in die derde plek (43%).

 

ʼn Oorweldigende 95% is gemaklik met die gebruik van digitale toestelle en 84% hou daarvan om die tegnologies mees gevorderde produkte te gebruik wat beskikbaar is. Ongeveer 72% verkies om soveel transaksies as moontlik aanlyn te doen.

 

Nicholson glo dat die “opkoms van hierdie generasie se pragmatiese finansiële uitkyk saam met hul openheid vir verandering veel goeds inhou vir die toekoms”.

 

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161