Wil jy jou huis herfinansier? Lees eers hier

Vrydag, Februarie 10th, 2017

Jou buurman het dit gedoen, jou vriende doen dit en selfs jou kollegas praat daaroor. Maar presies wat is huisherfinansiering, en hoe kan dit vir jou voordelig wees soos dit hulle gehelp het?

Huisherfinansiering is eenvoudig een van die doeltreffendste maniere om kontant los te maak, maandelikse uitgawes te verminder en jou finansiële posisie te verbeter, as dit reg en om die regte redes gedoen word.

Nou meer as ooit soek mense maniere om geld te bespaar en elke maand meer besteebare inkomste los te maak. Een van die doeltreffendste maniere om die druk op jou begroting te verlig, is om een van jou grootste maandelikse uitgawes – die paaiement op jou huislening – te verminder. In baie gevalle kan huisherfinansiering jou verbandterugbetalings wesenlik verminder, en dit is hoekom so baie mense besluit om hulle eiendomme te herfinansier.

As huisherfinansiering deur huisherfinansieringkenners gefasiliteer en doeltreffend bestuur word, kan dit die intelligentste finansiële besluit van ’n huiseienaar wees. As jou basiese doel is om jou maandelikse verbandpaaiemente kleiner te maak en jou finansies doeltreffender te bestuur, dan is herfinansiering van jou huis ‘n lewensvatbare en lonende opsie – veral as jy jou huis al ten minste drie jaar lank besit.

 

Hoe werk huisherfinansiering?

Dit is die aard van eiendom dat dit oor tyd in waarde toeneem. Dit beteken dat as jy jou huis al ’n aantal jare besit, dit nou waarskynlik meer werd is as toe jy dit gekoop het. As jy jou huis herfinansier, kry jy ’n nuwe verband op jou eiendom op grond van sy huidige waarde en nie op die bedrag waarvoor dit gewaardeer is toe jy jou aanvanklike huislening gekry het nie.

Dit gee jou toegang tot ekwiteit wat jy kan gebruik om jou lewenstandaard te verbeter of jou finansiële posisie te versterk.

 

Wat is ekwiteit?

As jy R500 000 op jou huislening skuld maar jou huis is R800 000 werd, is daar ’n waardeverskil van R300 000. Dit staan as “ekwiteit” bekend. Deur huisherfinansiering kan jy aansoek doen om hierdie ekwiteit te benut. Ekwiteit is basies die verskil in waarde tussen wat jy op ’n bate skuld en die waarde van daardie bate.

As jy jou huis vir sy huidige waarde herfinansier, kan jy toegang kry tot die ekwiteit wat in jou eiendom opgebou het. Dit is in wese ’n kredietlyn wat jou uitlener verskaf, en daarom sal jy rente daarop betaal. As jy egter superlae rentekoerse kan beding, soos dié wat deur SA Home Loans aangebied word, is dit ’n waardevolle manier om jou finansiële posisie te verbeter of vir groot of onvermydelike uitgawes te betaal.

 

Wat is die redes vir herfinansiering van jou huis?

Daar is verskeie redes om eiendom te herfinansier in Suid-Afrika. In die eerste en belangrikste plek, individue wat hulle huise herfinansier, doen dit gewoonlik om hulle maandelikse koste te verlaag, en huisherfinansiering kan baie daartoe bydra om hierdie doel te bereik. Herfinansiering van jou huis teen ’n laer koers kan ’n besparing van etlike honderde rande – indien nie meer nie – per maand meebring, en ’n totale besparing van tot honderde duisende rand oor die termyn van die lening.

Nog ’n rede vir huisherfinansiering is om ekwiteit los te maak. Party huiseienaars is tevrede om nie aan hulle ekwiteit te raak nie of is gelukkig genoeg om dit nie nodig te kry nie. Ander het egter toegang tot hierdie beduidende bedrag nodig ten einde skuld te vereffen of klasgelde of herstelwerk te betaal, of vir ’n verskeidenheid ander belangrike of knellende redes. Wanneer jy jou huis herfinansier, kry jy toegang tot hierdie ekwiteit teen ’n mededingende rentekoers, wat beteken jy kry die kontant wat jy nodig het teen ’n rentekoers wat jy kan bekostig.

Laastens, individue wat in ’n finansiële penarie is, verkies dikwels om hulle huise te herfinansier ten einde hulle skuld te konsolideer. Konsolidering van skuld maak dit vir individue moontlik om hulle skuld in een bedrag saam te voeg en terug te betaal teen ’n meer bekostigbare rentekoers as wat hulle tans betaal. Huisherfinansieringskenners kan jou help om dit suksesvol te doen.

 

Hoe om jou huis te herfinansier

As jy besluit om jou huis te herfinansier, is dit belangrik om dit deur ‘n maatskappy van goeie naam te doen wat vir jou lae rentekoerse kan aanbied.

 

Bron: SA Home Loans

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161