Werk, bekostigbaarheid wurg 1ste-keer huiskopers

Maandag, Oktober 17th, 2016

Eugene Brink

 

Eerste-keer huiskopers maak ʼn vinnig kwynende gedeelte van totale verkope uit terwyl die ekonomie steeds voortstrompel.

“Die kanse is deesdae opgestapel teen eerste-keer kopers, en 2016 word aangedui as die jaar waarin die groeitempo in die vorming van nuwe huishouding begin verstadig het,” sê John Loos, eiendomstrateeg by FNB.

Die FNB Eiendomsagent-oorsig se beraming van eerste-keer kopervlakke, uitgedruk as ʼn persentasie van totale huisverkope, dui ʼn ooglopende afname in hierdie tipe residensiële aanvraag regdeur 2016.

“Vanaf ʼn beraamde 26% in die finale kwartaal van 2015, het die eerste-keer koperpersentasie gedaal na 18% teen die derde kwartaal van 2016. Dit is beduidend laer as die multi-jaar hoë persentasie van 28% bereik in die tweede kwartaal van 2014.

“Dit beteken die gemiddelde jaar-tot-op-datum koperpersentasie vir 2016 is 20%, ʼn daling teenoor 2014 se 26.5% gemiddeld.”

Hy sê daar is twee redes hiervoor. “Eerstens, die ooglopende faktor sou sekerlik die afname in huisbekostigbaarheid in die afgelope jare wees, deels as gevolg van die gemiddelde huisprysgroei wat tot onlangs Per Capita Inkomstegroei oorskry het, en deels as gevolg van matige rentekoersstygings vanaf vroeg-2014 tot vroeg-2016.”

Die tweede faktor wat geglo word ʼn sleutelrol in die swakker wordende tempo te speel is die huismark wat baie afhanklik is van inkomste afkomstig van suksesvolle toetrede tot die arbeidsmark.

“En na ʼn paar jaar van ekonomiese stagnering, het dit in die eerste helfte van 2016 gelyk asof die vertraagde negatiewe impak op werkverskaffing besig was om na vore te kom. Vir die eerste keer sedert die finale kwartaal van 2010 het die jaar-op-jaar veranderingskoers in totale werkverskaffing negatief gedraai tot soveel as -0.7%. Met die tempo van nuwe toetrede tot die arbeidsmark wat skynbaar verstadig het, kan verwag word dat die tempo van nuwe toetrede tot die huismark ooreenkomstig sal volg.”

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170