Deur Emsie Martin
Nie almal is gemaklik met aanlyn inkopies nie. Meeste van die ouer garde verkies om te sien en te koop, maar ek moet erken geen gesoekery na parkering, geen toustanery en geen gestamp met waentjies nie klink darem baie lekker.
Die Covid-krisis het egter die digitale rewolusie versnel en só het al hoe meer verbruikers weens die nasionale inperking aanlyn begin inkopies doen.
Jan Alleman besef nou ook hoe gerieflik dit kan wees om items, van kos tot elektronika, aanlyn te koop – én hoe maklik dit is. Aanlyn kleinhandel gaan dus veral nou groei soos wat meer ondernemings besef dat dit een van die belangriker roetes tot finansiële oorlewing is.
Talle verbruikers is nog onkundig oor dié nuwe manier om hul gunsteling winkels virtueel te besoek en te ondersteun, maar dit is nie iets wat met vrees aangepak hoef te word nie.
Aanlyn inkopies is waarskynlik net so veilig soos konvensionele inkopies indien ’n paar basiese voorsorgmaatreëls getref word. Tog soos in enige bedryf is daar ongelukkig swendelaars wat poog om verbruikers te bedrieg, en dus moet ’n mens waaksaam wees.
Hier is ’n paar wenke van Virseker as jy ’n virtuele inkopietog aanpak:
Ondersteun bekende aanlyn winkels
Vir gemoedsrus is dit altyd beter om ’n handelsmerk wat ’n goeie reputasie het te ondersteun, want die kans is beter dat só ’n winkel beter stelsels in plek het om jou virtueel veilig te laat voel. As jy dit oorweeg om items by ’n nuwe winkel te koop en nie seker is of dit vertrou kan word nie, doen eers jou huiswerk. Koop ook eerder by ’n Suid-Afrikaanse aanlyn winkel as ’n buitelandse een, wat nie noodwendig deur plaaslike wetgewing gereguleer word nie.
Aanlyn inkopies kan die lewe baie makliker maak, maar daar is ’n paar dinge om in gedagte te hou.
Pasop vir vals webwerwe
Gebruik veilige betalingsmetodes
Banke probeer hard om kredietkaarttransaksies so veilig as moontlik te maak, maar die onus rus ook op jou om bedag te wees en jou kaartbesonderhede te beskerm. Moet nooit jou kredietkaartbesonderhede stoor op jou rekenaar, slimfoon of dit vir iemand e-pos nie. Géén bank of aanlyn winkel sal jou ooit vra om jou PIN of ander wagwoorde te verskaf nie.
Versterk jou virtuele immuniteit
Maak seker van die bepalings en voorwaardes
Soos met enige transaksie is dit belangrik om die fynskrif te lees voordat jy dit deurvoer. Jy kan uitgebuit word op ’n wettige manier oor jy nie jouself met die voorwaardes vereenselwig nie. Jy word wel as jy aanlyn koop beskerm deur die regulasies van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies asook die Wet op Verbruikersbeskerming.
SFD is ’n sleutelrolspeler in die aanbieding van Virseker aan Solidariteit- en AfriForum-lede.
BRONNE:
https://www.virseker.co.za/dagboek/perskamer/vyf-wenke-vir-aanlyn-inkopies/
*Hierdie artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes gepubliseer en moet nie as finansiële of regsadvies deur Virseker geïnterpreteer word nie.
Oops! We could not locate your form.