Wenke om vir jou troudag te spaar

Dinsdag, Desember 13th, 2016

Zolani Mtshali

 

 

Om te trou is ’n opwindende stap vir ’n nuwe lewe saam, maar wanneer die beplanning begin, kan die koste om jou groot dag spesiaal te maak, skrikwekkend wees. Die huur van die lokaal, die koek, die trourok en die fotograaf kan die koste van jou troue laat opskiet en die gebruik van krediet onvermydelik maak.

Die gemiddelde koste van ’n troue in Suid-Afrika is tans tussen R70 000 en R80 000 vir 80 tot 100 mense en kan maklik tot R200 000 opskiet, volgens professionele huweliksbeplanners.

“Die koste verbonde aan die beplanning van ‘n troue kan baie stres veroorsaak.  Dit kan onnodige frustrasie meebring en veroorsaak dat paartjies onnodige skuld aangaan. Met die regte spaarplan en ‘n paar kostebesparingswenke kan jy egter verseker dat jou groot dag onvergeetlik is sonder dat dit nodig is om vroeg in jou huwelik ’n skuldlas te moet afbetaal,” sê Lezanne Human, HUB van FNB Spaar, Beleggings en Fidusiêr.

 

Wenke om vir jou groot dag te spaar:

Maak ’n lysie van alle uitgawes

Maak ’n lysie van die noodsaaklike items vir jou troue. Maak seker dat jy alles insluit – lobola, lokaal, troudrag, kos, koek, motor, fotograaf en blomme. Dit sal vir jou ’n duidelike prentjie van jou totale koste gee en kan ook jou spaarplan beïnvloed.

 

Open ’n spaar- of beleggingsrekening

Noudat jy weet hoeveel jy sal moet spaar, kan jy ’n spaar- of beleggingsrekening spesifiek vir jou groot dag open. Banke het verskeie kontantspaar- en beleggingsrekeninge wat geskik is om vir ’n spesiale okkasie te spaar. Rentekoerse is tans ook hoog, en die opbrengs op die kapitaalbedrag neem toe, terwyl daardie opbrengs, as jy dit saam met die kapitaal herbelê, danksy saamgestelde rente aansienlik toeneem.

 

Verminder koste en doen dit self

Maak dit prettig en doen dit self. Maak self jou uitnodigings en koop of skep versierings vir die lokaal as dit doenlik is.  Kry ’n familielid of vriend om die troukoek te bak – dit kan heelwat geld bespaar. Daar is talle webwerwe waar jy uitstekende selfdoenidees vir troues kan kry.

 

Kies jou troudatum

Die huur van die lokaal is gewoonlik die grootste koste-item en dit sal aansienlik hoër wees as jy op ’n Vrydag of Saterdag wil trou. As jy op ’n weekdag of Sondag trou, kan jou lokaalhuur tot 50% minder wees.

 

Soek rond

Wanneer jy moet besluit watter verskaffers om te gebruik, moenie sommer die eerste een gebruik wat jy kry nie. Gebruik tyd om navorsing te doen, kry kwotasies van verskeie verskaffers wat dieselfde diens lewer en kies volgens jou begroting. ’n Bietjie tyd om kwotasies van verskeie verskaffers te kry, kan ’n aansienlike besparing beteken.

Wanneer jou pragtroue agter die rug is, moenie vergeet om vir die volgende groot mylpaal in jou lewe te begin spaar nie – ‘n huis, om met ‘n gesin te begin of selfs ‘n vakansie.

 

Bron: FNB

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150