Watter banke is die grootste en snelgroeiendste verbanduitleners?

Vrydag, Maart 4th, 2016

Eugene Brink

 

 

 

As jy besig is om jou daarop voor te berei om die gevaarsone van huiskoop in 2016 te betree, is dit noodsaaklik om te weet watter banke die bekwaamste en gretigste is om te help.

John Loos, eiendomstrateeg by ENB, sê Standard Bank is steeds die grootste verbanduitlener in die land maar sy markaandeel het van 34,1% aan die einde van 2014 effens tot 33,8% teen Desember 2015 teruggesak.

Hy sê van die Groot 4 is Firstrand – in die derde plek – die enigste een wat in die loop van 2015 ’n geringe groei in markaandeel getoon het, van 19,9% in Januarie tot 20,3% in November, maar hierdie groei het skynbaar ook tot ’n einde gekom en het in Desember effens tot 20,2% teruggesak. “Ten opsigte van boekgroeikoerse het die groei in Firstrand se residensiële verbandvoorskotte op ‘n jaargrondslag in Desember 5,6% beloop, aanmerklik meer as die 2,1% aan die begin van verlede jaar, terwyl Standard Bank met 3% die volgende van die Groot 4 was.”

Absa bly tweede met ’n markaandeel van 25,5% in Desember 2015, maar moes toekyk hoe sy aandeel geleidelik vanaf 32% in Januarie 2008 krimp.

Nedbank is vierde met 14,3%, maar is ook die afgelope paar jaar ook besig om geleidelik te daal.

Loos sê verreweg die aggressiefste groot uitlener is blykbaar Investec, met ’n groei van 25% j/j in sy residensiële verbandboek in Desember 2015. “Die ander uitleners, buiten die Groot 5-banke, het ook in Desember 2015 sterk groei van 18% j/j van ’n baie lae basis af getoon.”

  • Naas

    ENB (Firstrand) – swak diens, onbevoegde amptenare, kliënte word geteiken as slagoffers en nie betalende kliënte nie. Bly weg!

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161