Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) is ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer wat beide Solidariteit-lede en nielede van onafhanklike en eerlike finansiële advies bedien. SFD het gesertifiseerde finansiële adviseurs wat spesialiseer in: beleggings; aftreebeplanning; die hantering van afleggings/bedankings; lewens- en ongeskiktheidsversekering; belastingbeplanning vir individue; en basiese boedelbeplanning. SFD se diens is advies-gedrewe en nie verkope-gedrewe nie, wat hulle in baie opsigte van die norm in hulle bedryf onderskei. Kliënte kry hulp rakende die basiese pilare van finansiële bestuur in die huishouding. Daaruit word sekere risiko’s geïdentifiseer en ’n verskeidenheid oplossings voorgestel. SFD is ’n volfiliaal van die Solidariteit Beleggingsmaatskappy en lewer deur hul inkomste ’n baie belangrike bydrae tot die Solidariteit Beweging. SFD se struktuur onderskei hulle ook van die norm in hul bedryf. SFD se inkomste is gegrond op modelle wat volhoubaarheid en langtermynkliënteverhoudinge as basis gebruik. Dit is dus vir hulle belangrik dat kliënte waarde vir geld kry ten opsigte van die diens en produkte wat hulle bied.
Oops! We could not locate your form.