Wat kan ek insluit by ’n eis vir skadevergoeding?

Dinsdag, Augustus 11th, 2015

Sanette de Jager

 

Skadevergoeding word opgedeel in twee soorte skade, naamlik spesiale skadevergoeding en algemene skadevergoeding.
Wanneer jy iets ontvang wat geld kos, byvoorbeeld ’n diens waarvoor jy moes betaal, kan jy eis vir spesiale skadevergoeding. Spesiale skadevergoeding word ook gesien as vermoënsskade. Vermoënsskade is die verlies of waardevermindering van ’n bate of die ontstaan of vergroting van ’n vermoënsskuld.

Wanneer jy lyding ervaar as gevolg van iemand anders se fout, kan jy geld eis om te vergoed vir daardie lyding, Dit is algemene skadevergoeding. Algemene skade kan ook gesien word as nie-vermoënsskade. Nie-vermoënsskade is die nadelige inwerking op die persoonlikheidsbelange van ’n individu wat nie sy ekonomiese posisie raak nie.

Enkele voorbeelde van spesiale skadevergoeding is:

 

–           Hospitaal- en mediese rekeninge vir behandeling ontvang vanaf datum van die ongeluk/voorval.

–           Toekomstige hospitaal- en mediese onkoste.

–           Lone/inkomste wat jy reeds verloor het weens jou beserings.

–           Toekomstige lone/inkomste wat jy sal verloor as gevolg van jou beserings.

–           Koste van iemand om jou te versorg.

–           Verlies aan die broodwinner.

–           Begrafnisonkoste.

–           Vervoeruitgawes.

 

Skadevergoeding vir onderhoudverlies word beperk tot R182 857 per jaar ten aansien van elke broodwinner wat oorlede is.

Skadevergoeding vir die verlies aan inkomste word ook beperk tot R182 857 per jaar. Hierdie bedrae word gereeld gewysig om met inflasie tred te hou.

Enkele voorbeelde van eise vir algemene skadevergoeding is:

 

–           Pyn en lyding.

–           Skok.

–           Gebreklikheid as gevolg van die ongeluk/insident.

–           Verminking.

–           Gebrek aan lewensgenietinge.

–           Verkorte lewensvooruitsig.

 

Indien jy ’n eis om skadevergoeding wil indien, sal dit raadsaam wees om ’n prokureur te nader. Hierdie eise kan redelik kompleks van aard wees. Daar is baie bewyse wat gelewer moet word om die kwantum van jou eis te bepaal voordat jy met so ’n eis sal slaag.

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170