Hereregte is ʼn belasting wat gehef word op die waarde van enige eiendom wat deur ʼn persoon bekom word deur ʼn transaksie of op enige ander wyse. Vir die doel van hereregte beteken eiendom grond en installasies en sluit in reële regte op grond, regte op minerale, ʼn aandeel of belang in ʼn “residensiële eiendomsmaatskappy” of ʼn aandeel in ʼn deelblokmaatskappy. Hereregte moet deur die Koper betaal word.
Hereregtekoerse (Waarde van eiendom (Rand): Koers)
R0 – > R750 000: 0%
R750 000 – > R1 250 000: 3% op die waarde bokant R750 000, maar nie meer as R1 250 000 nie.
R1 250 000 – > R1 750 000: R15 000 plus 6% op die waarde bokant R125 000, maar nie meer as R1 750 000 nie.
R1 750 000 – R2 250 000: R45 000 plus 8% op die waarde bokant R1 750 000.
R2 250 000 en meer: R85 000 plus 11% op die waarde bokant R2 250 000
Bron: Van Berge Geïnk. Prokureurs