’n Pensioenfonds, voorsorgfonds en uittreeannuïteit (UA) is al drie spaarvoertuie vir aftrede en word deur die Wet op Pensioenfondse (No. 24 van 1956) gereguleer. Iemand kan slegs deur sy of haar werkgewer aan ’n pensioenfonds of voorsorgfonds behoort. ’n Pensioenfondslid se bydraes is belastingaftrekbaar (sekere limiete is van toepassing) en het belastingimplikasies by aftrede. ’n Lid mag ’n maksimum van een-derde van sy of haar pensioenfonds by aftrede onttrek en die res moet herbelê word vir ’n maandelikse inkomste. ’n Voorsorgfonds se bydraes is nie belastingaftrekbaar nie, maar by aftrede sal die een-derde-reël nie geld nie. ’n UA word gesien as ’n persoonlike pensioenfonds en is gewild onder persone wat geen pensioenfonds by die werk het nie, of wat bykomende tot hul pensioen- of voorsorgfonds wil spaar. Die belastingaftrekking van ’n UA se bydraes is ook iets wat baie voordelig benut kan word. ’n Lid van ’n UA kan slegs ná die ouderdom van 55 tot die geld toegang kry, wat verskil van die eersgenoemde fondse waaruit ’n lid ’n belasbare onttrekking kan maak as hy of sy van werk verander.
*Baie ander aspekte speel ook ’n rol. Kontak jou finansiële adviseur of Solidariteit Finansiële Dienste vir 'n meer omvattende vergelyking.
Oops! We could not locate your form.