Wat gebeur as huurder se inligting by kredietburo foutief is?

Woensdag, Junie 22nd, 2016

Ingevolge die Nasionale Kredietwet Regulasie 20(2), gelees saam met artikel 72, het jy die reg om die akkuraatheid van die inligting wat op jou betrekking het te bevraagteken soos gehou deur die kredietburo en vra dat die kredietburo die akkuraatheid van die inligting wat bevraagteken word, ondersoek.

Om die foutiewe inligting op jou profiel te betwis:

 

  • Sal dit van jou vereis word om ʼn dispuutvorm saam met al die nodige bewyse deur te stuur. (Byvoorbeeld: die huurooreenkoms; rekeningstaat; identiteitsdokument of water- en ligte-rekenings) om die foutiewe inligting op jou profiel te betwis. Die kredietburo maak hulle beslissing gebaseer op al die geloofwaardige bewyse wat hulle ontvang. Hoe meer omvattend die bewyse wat jy voorlê, hoe groter die kans dat die bevinding akkuraat en regverdig sal wees.
  • Die voorsiener sal ingelig word dat ʼn dispuut gelys is en sal versoek word om binne 20 werksdae geloofwaardige bewyse voor te lê. Dit is bewyse wat sal staaf waarom die inligting wat bevraagteken word op jou profiel moet bly.
  • Na 20 werksdae is die moontlike verhuurder of verhuringskredietburo verplig om ʼn beslissing te maak gegrond op die bewyse voorsien deur albei partye.

 

Bron: Tenant Profile Network

 

 

 

 

  • Carel de Jager

    Hierdie artikel is baie vaag. Jy kan ten minste vir ons skakels gee na hierdie vorms, toe nou man

  • MK Kruger

    Moenie julle tyd mors nie. Jy kan jou krediet profile alleenlik regstel deur bereid te wees om vir ‘n prokureur opdrag te gee en die geld te he vir ‘n hofsaak indien nodig. Alleen gaan jy net geignoreer word.
    Vodacom het my verkeerdelik gelys. Gevolglik het ek die saak saam met al die bewyse na Transunion se Ombuds man verwys. Hy het “beslis” dat sy klient reg is en ek verkeerd, sonder enige gronde.
    Ek het die saak gevolglik na die krediet ombudsman verwys. Dit was in 2013. Ek wag nog steeds vir terug voering…
    PS: Ek is blykbaar gelys deur Telkom, Virgin Active en Vodacom, almal maatskappye wat wederegtelik geld van my geeis het. Ten spyte daarvan kon ek nog steeds ‘n nuwe BMW deur die bank koop.

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150