Wat as ek betrokke is in ’n motorongeluk met ’n onversekerde bestuurder?

Donderdag, Maart 17th, 2016

As jy betrokke raak in ’n motorbotsing met ’n onversekerde drywer, het jy die volgende opsies:

 

As jy versekering het, kan jy eis van jou versekeringsmaatskappy, wat sal probeer om die herstelkoste en jou bybetaling van die derde party te verhaal.

Let daarop dat daar geen waarborg is dat jou versekeringsmaatskappy se verhaling sal slaag of dat hulle 100% van die eis van die derde party sal verhaal nie.

As jou skade minder as R12 000 beloop, kan jy ’n dagvaarding teen die derde party uitreik in die hof vir klein eise. As die bedrag meer as R12 000 is, sal jy ’n dagvaarding in die landdroshof moet uitreik, en as dit meer as R100 000 is, sal jy die dagvaarding in die hooggeregshof moet uitreik.

 

Bron: AA

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170