Wanneer is ’n huisbouer nie aanspreeklik vir skade nie?

Donderdag, Junie 30th, 2016

Sanette Viljoen

 

 

Volgens art. 13(2)(b)(i) van die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers van 1998, is ’n huisbouer nie aanspreeklik vir verlies, skade, vernietiging of dreigende ineenstorting nie in die geval van:

  1. opsetlike handeling of versuim deur die behuisingsverbruiker of die persone wat in die huis woon;
  2. brand, ontploffing of weerlig of skade veroorsaak deur ‘n derde party;
  3. ’n storm, vloed of aardbewing of enige ander vorm van natuurgeweld;
  4. strukturele veranderinge, herstelwerk, wysigings of veranderinge aan die oorspronklike huis wat die oorspronklike struktuur van die huis geaffekteer het;
  5. onvoldoende instandhouding of abnormale gebruik van die huis of onderwerping van die huis aan ’n groter las as waarvoor die struktuur van die huis ontwerp is of gebruik van die huis vir enige ander doel as waarvoor dit ontwerp is;
  6. insakking of grondverskuiwing wat nie veroorsaak is deur iets wat met die nienakoming van die NHBRR (National Home Builders Registration Council) se tegniese vereistes verband hou nie;
  7. enige verandering ten opsigte van kleur, tekstuur, dekvermoë of beitsing of ’n ander verouderingsproses;
  8. drukgolwe veroorsaak deur lugtuie of ander lugtoestelle wat teen soniese of supersoniese snelhede beweeg of deur die impak van lugvaartuie of ander lugtoestelle of voorwerpe wat uit die lug val;
  9.  beskadiging of vernietiging van die huis of enige verlies wat verband hou met ioniserende straling of kontaminasie deur radioaktiwiteit van watter bron ook al of van kernwapenmateriaal;
  10. oorlog, vyandelike inval, optrede deur ‘n buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy verklaar al dan nie), burgeroorlog, revolusie, rebellie, opstand of militêre of geüsurpeerde gesag, staking, oproer, of  burgerlike onluste;
  11. verlies of skade aan enige afwerking, tensy dit herstel of vervang moet word weens ’n ernstige strukturele gebrek in die struktuur;
  12. slytasie of agteruitgang veroorsaak deur die verwaarlosing van die huis of skade veroorsaak deur die versuim van die behuisingsverbruiker om die huisbouer betyds te verwittig van enige gebreke;
  13. enige koste, verlies of aanspreeklikheid waarvoor vergoeding onder ander wetgewing voorsien word;
  14. ’n defek aan enigiets klein ten opsigte waarvan redelikerwys verwag kan word dat ’n huiseienaar of behuisingsverbruiker dit self sal kan herstel;
  15. misbruik of abnormale gebruik van die private dreineringstelsel.

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170