Wanneer moet ek bande omruil?

Maandag, Mei 23rd, 2016

Kontroleer jou banddruk maandeliks en voor ’n lang reis. Kontroleer terselfdertyd die diepte van die bandloopvlakgroewe en kyk of daar enige teken van skade aan die bandwand of ongelyke slytasie is. As jy twyfel, vra raad by n ’n opgeleide banddeskundige, wat vir jou sal kan sê of die band geskik is vir verdere gebruik.

Bande het nie ’n voorspelbare leeftyd nie. Dit maak nie saak wanneer die bande vervaardig is nie. Bande verouder al word hulle nie gebruik nie, of net af en toe gebruik. Daar is baie faktore wat die leeftyd van ’n band sal beïnvloed soos temperatuur, instandhouding, stoortoestande en gebruik, las, spoed, druk sowel as rystyl. Dit sal ’n groot invloed uitoefen op die dienslewe wat jy van jou bande kan verwag.

 

Hoe oud is te oud? Die vyfjaartoets

Na vyf jaar of langer diens behoort jou bande minstens een maal per jaar deeglik ondersoek te word. As dit nodig word, volg die voertuigvervaardiger se aanbevelings in verband met die vervanging van die oorspronklike bande.

Indien die bande 10 jaar na hul vervaardigingsdatum (kyk hoe om ’n bandwand te lees) nog nie vervang is nie, beveel Michelin aan dat hulle as ’n voorsorgmaatreël deur nuwe bande vervang word, selfs al lyk dit of hulle nog in ’n bruikbare toestand is en nog nie tot by die loopvlakslytasie-aanwyser afgeloop is nie.

Ten einde oneweredige slytasie te voorkom, laat jou wiele deur ’n bandspesialis spoor en balanseer. Dit sal ook jou loopvlakleeftyd verleng en jou ’n sagter rit gee. Nog ’n manier om jou bande eweredig te laat slyt, is om gereeld die wielposisies om te ruil.

Algemene oorsake van abnormale bandslytasie:

Slytasie op een skouer: Wansporing van wiele

Slytasie op albei skouers: Band nie styf genoeg nie

Slytasie in die middel van die band: Band te styf

 

Bron: Car Safety Portal

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152