Voorafbetaalde vs munisipale krag: Wat is goedkoper?

Woensdag, September 2nd, 2015

Eugene Brink

 

 

Voorafbetaalde krag is beslis duurder as krag wat direk deur die munisipaliteit voorsien word – al dink verbruikers dit is andersom.

 

Só sê Charmaine Kupfer, bestuurder van Genlet Properties, wat die bestuur van deeltitelkomplekse op die Wes-Rand behartig. “Daar is ‘n persepsie onder verbruikers dat voorafbetaalde krag goedkoper is as krag wat deur die munisipaliteit verskaf word. Ek dink net verbruikers van voorafbetaalde krag is baie meer gesteld op hoe hulle krag verbruik en is meer bewus van kragbesparing om te verhoed dat hul krag nie opraak nie.”

 

Sy sê die rede hoekom voorafbetaalde krag duurder is, is omdat dit teen die duurste tarief aan die verbruiker verkoop word. “Net soos in die geval van die munisipaliteit wat krag van Eskom aankoop, koop die middelman krag aan by Eskom en verkoop dit weer aan die verbruiker teen die hoogste tarief wat deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is.”

 

Volgens Kupfer is dit egter redelik maklik om voorafbetaalde toestelle te omseil. “Private indiwidue en werknemers van munisipaliteite kan die voorafbetaalde toestelle wat deur die munisipaliteite geïnstalleer word, teen ’n fooi omseil. Dit is ’n onwettige praktyk wat verdere druk op ’n oorbelaaide stelsel plaas en die wanpersepsie versterk dat voorafbetaalde krag goedkoper is.”

 

En hoe verskil kraglesing by huise en komplekse? “Die meeste wooneenhede, hetsy in ’n kompleks of ’n losstaande huis, se kragaansluiting is 60 Ampère. Faktore wat wel ’n rol by verbruik in huise kan speel, is byvoorbeeld swembaddens, twee of meer geisers en meer vertrekke,” sê sy.

  • Willie Kok

    1.Is Charmaine Kupfer bewus dat munisipaliteite sit ‘n krag “heffing” op rekenings van verbruikers nog voor die verbruiker ‘n enkele kWatt gebruik het? Sulke heffings kan wel van een munisipaliteit na ‘n ander verskil. Wanneer jy dus vooraf betaalde krag by ‘n munisipaliteit koop (nie Eskom direk), is daardie heffing pro rata “ingewerk” by die kWatt tarief wat die gebruiker vir die krag betaal. DAAROM bestaan die persepsie dat voorafbetaalde krag “duurder” is.
    2. Verder is ek so dankbaar ek hoef nie maandeliks met die munisipaliteit te gaan veg oor verkeerde lesings en foute op rekenings nie! Die lesings op my meter is nou binne MY beheer, en nie in die hande van ongeskoolde arbeid nie.
    3. Verder koop ek aan die begin van elke jaar (Jan-Mar) genoeg krag, VOOR DIE JAARLIKSE PRYSVERHOGINGS, om my deur te sien tot die volgende Januarie. Dus gebruik ek vir ‘n volle jaar lank krag teen die “ou” tarief!
    So verduidelik asb weer vir my die logika hoekom sê julle is vooraf betaalde krag duurder?

    • Marian

      Willie, ek is nie seker of daar verskillende stelsels in verskillende munisipaliteite geld nie, maar na my mening is dit onmoontlik om vooruit krag te koop! Indien jy die 1’e van die maand x unts aankoop, betaal jy die minimum tarief. Hoe meer eenhede jy koop, hoe duurder betaal hy/eenheid! Daar is geen manier om dit te omseil nie! Ons het al alles probeer!

      Hier is die formule waarvolgens ons vir vooraf-betaalde krag betaal:

      NEW WINTER BlockTariff kwh^cost: 1-50@117.26c^51-350@132.14c 351-600@176.82^600-@212.18c

      Ons betaal beslis meer as wat ons beataal het by die munisipaliteit! Maar dit mag verskil van huishouding tot huishouding!

      • Frikkie Frederick Botes

        Jy koop R20 000 se krag in R200 of R500 eenhede, jy hou al die nommers in jou kluis soos geld ,dan haal jy net elke keer een strokie uit en laai dit. As jy die hele R20 000 op een slag laai gaan jy net R10 000 se waarde kry.

        • Marian

          Ons het dit al probeer! Die HOEVEELHEID eenhede wat jy per maand koop word gereguleer en nie die BEDRAG waarvoor jy koop nie! Sal bietjie weer probeer!

          • Met blokrariewe maak dit net saak hoeveel eenhede in jy in ‘n spesifieke maand koop nie. Nie waneer in die maand jy dit koop, of in watter maand die eenhede laai nie.

  • Willie Kok

    Marian, soos in my eerste kommentaar genoem, kan munisipaliteite en meters van mekaar verskil.
    Ek is by Madibeng munisipaliteit en koop my “prepaid” krag by die supermark op die hoek. Ek het verlede jaar Jan, Feb & Mar elke keer R2000 se krag met 1 slag gekoop. Dus R6000 oor 3 maande.
    Teen R1.27 per kWatt gee dit my1574.8 kWatt. Ek voer die voucher kode in my meter die dag wat ek dit koop, en kontroleer dat die lesing wel met 1574.8 aangepas word. My huishouding se gemiddelde verbruik per maand is 476 kWatt. Dus 1574.8/476=3.3 maande wat R2000 se krag my hou. So die R6000 se krag wat ek oor die eerste 3 maande van die jaar gekoop het, het my ongeveer 10 maande gehou.
    My punt is egter:
    1. Of ek min of baie koop, die prys per “eenheid (kWatt)” bly dieselfde.
    2. Die tyd van die maand speel beslis nie ‘n rol nie.
    3. Of jy jou voucher nommer nou op jou meter invoer, en of jy dit later doen – GEEN verskil.
    4. Gelukkig het ek ‘n dom meter. Hy(of is dit sy?) weet nie watter jaar, maand, dag of tyd dit is nie. Dit kan net bytel as ek ‘n nommer invoer en agteruit tel soos wat die krag verbruik word. (klink amper soos ‘n bankrekening!)
    Dit werk soos brandstof in jou motor: Dit word nie duurder of goedkoper PER LITER of jy ‘n 40 of 80 liter tenk het nie! Sou ek 20L in ‘n kan bêre (soos elektriese strokies in die kluis), en ek gooi dit later eers in die motor gooi, bly die prys wat ek betaal steeds dieselfde.
    Ek kan dus nie instaan vir ander se ervarings nie. Jammer om te hoor julle munisipaliteite verneuk julle. Miskien is dit tyd dat jul die kwessie met hulle opneem, want julle ervarings klink vir my na berekende bedrog!

  • Andre Louw

    Ek wil graag weet, ek koop elke keer dieselfde rand waarde se krag, maar die hoeveelheid eenhede wat ek dan kry verskil. Is dit nie onwettig uit n ‘consumer protestion act’ oogpunt nie? Die wet se tog dat jy moet kan sien presies hoeveel n produk kos – vleis moes n per kg prys opsit toe hierdie act in gebruik geneem is. Geld dieselfde nie vir koopkrag nie? Ek weet nie of dit net in Bloemfontein so is nie?

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170