Hierdie vraag se antwoord sal vir elke individu verskil omdat elke individu se behoeftes anders is. Die beleggingswêreld bied ’n groot verskeidenheid van beleggingsopsies en bateklasse wat party mense verwarrend kan vind. Bateklasse, soos aandele (plaaslik en buitelands), staatseffekte, geldmarkinstrumente en eiendom, genereer opbrengste vir die belegger op verskillende maniere en gaan met verskillende risiko’s gepaard. Dit is dus baie belangrik om mooi te verstaan hoe elke belegging gestruktureer is, waar die geld belê word, watter gelde/kommissie daarvoor betaal word, watter opbrengs verwag kan word en, natuurlik, wat die risiko’s is. Die beleggingswêreld is interessant en kan maklik verstaan word as die nodige vrae gevra word.
Oops! We could not locate your form.
Se ek bele my geld in my eie hande…. ( sluit al die lang vingers en onstabiele markte uit…) En koop goud munt stukke, soveel moontlik, en bele dit…?