Vyf alledaagse geldvampiere

Vrydag, Januarie 22nd, 2016

So, jy kan nie spaar nie? Wanneer laas het jy gekyk na hoeveel geld jy van dag-tot-dag vermors? Hier is 5 geldverkwisters:

 

Die kantoor se verkoopoutomaat

Het jy al ooit bereken hoeveel jy op die verkoopoutomaat by die kantoor spandeer? Begin dadelik om dít wat jy daagliks spandeer, aan te teken. Al gee jy slegs R20 per dag uit, kos dit jou ongeveer R440 per maand. Indien jy eerder daardie geld in ʼn belastingvrye spaarrekening sou belê wat die gemiddelde opbrengs van die aandelemark (ongeveer 12%) oor die lang termyn lewer, sou jy oor 20 jaar R435 000 ryker kan wees en jy sal met ʼn kleiner middel en ʼn gesonder hart kan spog.

 

Te vinnig ry

Vir elke 10 km/h waarmee jy die spoedgrens oorskry, kan jy ʼn boete van R250 verwag. Deur meer waaksaam op die pad te wees, kan jy die R250 wat jy elke maand spaar by jou belastingvrye spaarrekening voeg. Tel dit by jou besparing by die verkoopoutomaat en jou neseier kan oor 20 jaar tot R682 000 groei.

 

DStv

Ontleed hoeveel tyd jy regtig TV kyk. Indien jy elke aand en naweke voor die TV vasval, is dit miskien tyd dat jy dié tyd inkort en ʼn boek lees of oefening kry. Indien jy vind dat jy min of selde kyk, is jy reeds besig om geld te mors. Indien jy van DStv Premium na DStv Extra migreer, sal jy R274 per maand spaar. Voeg dit by die ander besparings in jou belastingvrye spaarrekening en jy behoort R954 000 oor 20 jaar bymekaar te kan maak. Dit is bykans R1 miljoen wat jy tans vermors.

 

Rook

Indien jy ʼn pakkie sigarette per dag rook, spandeer jy ongeveer R1 113 per maand op dié gewoonte. Indien jy ophou rook en eerder daardie bedrag in jou belastingvrye spaarrekening inbetaal, sal jy saam met jou ander spaargeld ʼn massiewe R2 miljoen binne 20 jaar kan spaar.

 

Uitstellery

Die grootste geldverkwister is om uit te stel om te spaar. Indien jy byvoorbeeld vandag begin om te besnoei by die verkoopoutomaat, minder verkeersboetes ontvang, jou DSTV-pakket afgradeer en ophou rook, sal jy R2 miljoen oor 20 jaar kan hê. Indien jy egter uitstel en eers oor 5 jaar begin, sal jy net R1 miljoen hê – jou uitstel sou jou dus R1 miljoen gekos het.

 

Bron: Liberty

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161