• Teken
    asseblief in

  • Vrae & Antwoorde

    • Mag ek weet waarom my huuraansoek geweier is?

      Ja, redes vir die afkeur van jou aansoek om te huur mag jou kredietprofiel, bekostigbaarheid of geskiktheid soos “geen troeteldiere toegelaat in die kompleks” insluit.   Jou aansoek mag nie geweier word gebaseer op die gronde van ras, geslag, swangerskap, huwelikstaat, seksuele oriëntasie, etniese of sosiale oorsprong, kleur, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal […]

    • Huis koop: Hoekom kry koper die oordragkoste en verkoper kies die prokureur?

      Vraag: “Ek is besig om my eerste eiendom te koop. Ek is nogal gespanne oor alles en ’n vriendin van my wat ’n aktebesorger is het gesê sy sal my met die transaksie help. Die verkoper weier egter en dring daarop aan dat sy prokureurs die oordrag hanteer. As ek die een is wat die […]

    • Deeltitel: Wat om aan onnodige spesiale heffings te doen

      Vraag   Wat kan mens doen in verband met onnodige spesiale heffings? Wat maak ’n noodgeval uit wat die oplê van ’n spesiale heffing regverdig en watter verhaal het die eienaars as die trustees ’n spesiale heffing oplê vir uitgawes wat nie as ’n noodgeval beskou word nie?   Antwoord   Hoewel die term “noodgeval” dikwels […]

    • Die poliskontrak vir my lewens- en ongeskiktheidsdekking is baie lank en ingewikkeld. Waarna moet ek spesifiek kyk?

      Die premiepatroon, met ander woorde, hoe vinnig jou premie sal opgaan en of dit aan iets spesifiek (byvoorbeeld, mediesefondseise, inflasie of oefenpatrone) gekoppel is. Of jy sekere vereistes jaarliks moet nakom om jou voordele te behou. Watter, indien enige, uitsluitings of voorwaardes aan die polis gekoppel is. Of onderskywing tydens die eisestadium plaasvind. Met ander […]

    • My grootste risiko is as ek nooit weer kan werk nie. Wat kan ek doen om my teen hierdie risiko te beskerm?

      Die eenvoudigste manier om jou teen hierdie risiko te beskerm, is om ongeskiktheidsdekking deur ’n groot versekeraar uit te neem. Die onderskeie versekeraars se produkte verskil ietwat van mekaar en dit is belangrik om presies te weet waarvoor jy ’n geldige eis sal hê en waarvoor nie. Oorhoofs kry mens enkelbedrag-ongeskiktheidsdekking wat ’n eenmalige bedrag […]

    • Hoekom het ’n mens lewensdekking nodig?

      Die antwoord op hierdie vraag sal van persoon tot persoon verskil. Jy moet vir jouself die vraag vra: “As ek more tot sterwe kom, watter finansiële implikasies sal dit hê vir die mense wat ek agterlaat?” Die antwoord hierop kan wees: Om skuld af te betaal; om vir my gade ’n inkomste te los sodat […]

    • Hoe gereeld moet ek my finansiële situasie ondersoek?

      Jy moet ten minste een keer per jaar ’n omvattende finansiële analise deur ’n finansiële deskundige laat doen. Vind uit of jou risikodekking (lewensversekering, en dies meer) nog voldoende is ten opsigte van jou behoeftes en risiko’s; of jou belegging nog in die regte fondse belê is volgens jou behoefte; en of enige veranderinge in […]

    • Wat is die belangrikste aspek van my persoonlike finansiële beplanning?

      Jou begroting.

    • Waar is die beste plek om my geld te belê?

      Hierdie vraag se antwoord sal vir elke individu verskil omdat elke individu se behoeftes anders is. Die beleggingswêreld bied ’n groot verskeidenheid van beleggingsopsies en bateklasse wat party mense verwarrend kan vind. Bateklasse, soos aandele (plaaslik en buitelands), staatseffekte, geldmarkinstrumente en eiendom, genereer opbrengste vir die belegger op verskillende maniere en gaan met verskillende risiko’s […]

    • Wat maak Solidariteit Finansiële Dienste anders?

      Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) is ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer wat beide Solidariteit-lede en nielede van onafhanklike en eerlike finansiële advies bedien. SFD het gesertifiseerde finansiële adviseurs wat spesialiseer in: beleggings; aftreebeplanning; die hantering van afleggings/bedankings; lewens- en ongeskiktheidsversekering; belastingbeplanning vir individue; en basiese boedelbeplanning. SFD se diens is advies-gedrewe en nie verkope-gedrewe nie, wat hulle in […]

    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close