Vraag na landgoedere groei in Suid-Afrika

Vrydag, Mei 13th, 2016

Eugene Brink     

 

 

Faktore soos ’n verhoogde gevoel van sekuriteit en eersterangse geriewe naby die huis het die landgoedleefwyse in Suid-Afrika ’n hupstoot gegee.

Paul-Roux de Kock, ontledingsdirekteur by Lighthouse, sê as mens kyk na die 6,2 miljoen residensiële eiendomme in Suid-Afrika, met ’n totale waarde van R4,3 triljoen, maak landgoedeiendom 5,1% van die totale volume uit en ongeveer 15,1% van die totale eiendomsmarkwaarde. “Dit is ’n noemenswaardige syfer, veral in die lig van die groeiende markaktiwiteit in die landgoedeiendomsmark oor die afgelope paar jaar, wat sterk groei in sowel volume as die waarde van landgoedverkope toon.”

Lightstone se navorsing na ongeveer 6 500 geslote gemeenskappe en landgoedeiendomme (met inbegrip van kus-, leefstyl-, landelike, wildlewe-, perd en polo- en gholflandgoedere) het gevind dat die totale randwaarde wat in die landgoedmark opgesluit lê nou na aan die totale waarde van alle residensiële eiendomme in die Stad Johannesburg is.

“Ons het ook gevind dat meer as 50% van landgoedeiendomme in Gauteng geleë is, met nog 25% in die Wes-Kaap,” sê De Kock.

Die nasionale gemiddelde prys van ’n eiendom in Suid-Afrika is R700 000, terwyl die gemiddelde prys van ’n eiendom in ’n landgoed R2 miljoen is – byna drie maal die nasionale gemiddelde. As daar gekyk word na ’n ontleding van landgoedeiendomwaardes, is die waarde van 9,9% van landgoedeiendomme meer as R3 miljoen, met 29,7% in die strek R1 miljoen – R3 miljoen, en 25,4% val in die strek R1 miljoen – R1,5 miljoen. Dit is gelyk aan tweederdes van die totale landgoedeiendomme wat teen meer as R1 miljoen elk gewaardeer word.

Op hoeveel van die eiendomme in landgoedere is daar verbande? Hoewel daar ’n byna gelyke verdeling is tussen landgoedeiendomme met verbande (51%) en dié sonder verbande (49%), maak die landgoedeiendomme onder verband 62,4% van die totale verbandwaarde uit. Dis ’n groot deel van die totale waarde.

Die meeste van die 10 duurste landgoedere in Suid-Afrika kan in Johannesburg gevind word, met Villa Santini in Sandhurst boaan die lys met die mediaanwaarde van ’n eiendom in die landgoed op ongeveer R17 400 000. Silverhurst in Kaapstad was tweede met ’n mediaanwaarde van ongeveer R16 250 000.

“Dit behoort nie ’n verassing te wees nie dat die landgoedleefwyse aan die toeneem is soos meer Suid-Afrikaners eiendomme soek wat ’n hoër vlak van sekuriteit bied sowel as beter beleggingsgeleenthede vir hulle is. Dit is egter nie die enigste faktore wat dit aantreklik maak om ’n landgoedeiendom te koop nie. Die feit dat meer ontwikkelaars leefstylelemente (soos voorsiening vir tydverdrywe soos gholf en hengel, en in sommige gevalle tot hospitale en skole binne die landgoedeiendom) by hul landgoedere insluit, verseker dat diegene wat eiendom in ’n landgoed wil koop die maksimum waarde vir hul eiendom kry.

“Hoewel kopers op die luuksemark onder druk is, val die landgoedhuismark in die algemeen nie so laag en piek nie so hoog as die res van die luuksemark nie. Ons verwag dus om die luuksemark gedurende die huidige afswaai te oortref,” sluit De Kock af.

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150