Versmoor jou rykdom jou kinders se ambisie?

Woensdag, Oktober 5th, 2016

Een van die wêreld se rykste beleggers, Warren Buffet, glo sterk daaraan dat sy kinders hulle eie weg in die wêreld moet vind. “Ek wil my kinders net genoeg gee sodat hulle voel hulle kan enigiets vermag, maar nie so baie dat hulle nie lus voel om enigiets te doen nie.”

Suid-Afrikaners wat hulself in ʼn baie gesonde finansiële posisie bevind, is geneig om net so gretig te wees om gesonde finansiële houdings en ambisie in hulle kinders te kweek om te verhoed dat hulle bedorwe brokkies word.

Jamey Lipschitz, rykdombestuurder by Sanlam Privaat Rykdom, sê daar is ʼn ou gesegde: ‘Die eerste generasie maak die geld, die tweede geniet dit, en die derde vermors dit’. “Wanneer dit by hulle kinders en hulle rykdom kom, lei ons dikwels ons kliënte om verder as materiële bates te kyk en te oorweeg watter waardes hulle in hulle kinders wil kweek as deel van hulle nalatenskap.”

Lipschitz bied die volgende wenke aan vir ouers om hulle kinders te help om ʼn gesonde finansiële houding aan te leer:

Bly betrokke in hulle lewens. Neem die tyd om hulle te verstaan, hulle drome, hulle ambisies, hulle persoonlikhede en hulle benaderings tot geld. Om hulle materiële besitting en pragtige klere te gee mag as een vlak van betrokkenheid beskou word, maar om tyd te maak om hulle beter te leer ken, sal help verseker dat hulle op die mees gepaste manier gelei kan word.

Boesem gepaste finansiële waardes in, met ʼn beklemtoning van onderwys en harde werk. Tensy rykdom geërf is, sal jy baie bewus wees van wat dit geverg het op dit op te bou. Dit is goeie praktyk om vaste waardes aan jou kinders oor te dra. Hulle behoort hulleself te sien as die bewaarders van die gesin se rykdom, en dat dit hulle verantwoordelikheid is om dit vir toekomstige geslagte te bewaar en te laat groei.

Beperk hulle toegang tot geld. In ʼn sin is dit ʼn goeie idee om kinders teen rykdom te beskerm. Om toegang tot te veel geld te hê op ʼn jong ouderdom sal hulle ambisies en begeerte om produktiewe lewens te lei beperk. Rykdom voorsien lewenskeuses wat jongmense nie in die posisie mag wees om te neem nie. Byvoorbeeld, ʼn 18-jarige met toegang tot baie geld mag besluit om nie ʼn tersiêre opvoeding te kry nie of mag minder geneë wees om die arbeidsmark te betree of ʼn loopbaan te volg.

Voer daardie gesprekke oor geld. Geld mag beskou word as ʼn ‘onsmaaklike’ onderwerp vir bespreking. Terwyl dit nie nodig is vir kinders om presies te weet hoeveel die gesin werd is nie, moet hulle leer hoe om geld te bestuur. Dit is ʼn goeie idee om hulle aan die gesin se finansiële adviseurs voor te stel.

Die inskerping van filantropiese beginsels is ook ʼn manier om die ‘bedorwe’ lokval te vermy. Om met kinders te praat oor hulle verantwoordelikheid om aan die samelewing terug te gee en hulle te betrek by die liefdadigheidsorganisasies wat jy ondersteun, is ʼn uitstekende lewensles – nie net kweek dit goeie waardes nie, maar ander sal ook daarby baat.

Stel ʼn voorbeeld. Wat jy doen, is dikwels net so belangrik as wat jy vir jou kinders sê. Entrepreneurs met geld wat in hierdie generasie verdien is, voel dikwels die noodsaaklikheid om hulle sukses ten toon te stel, maar duur motors en huise mag die verkeerde boodskap aan jou kinders stuur. Terwyl die gesin die goeie dinge in die lewe mag geniet, moet die kinders leer dat hulle eie-waarde nie verbonde is aan geld of besittings nie.

“Daar is geen goue reël wat verseker dat jou rykdom nie jou kinders se toekoms gaan ‘bederf’ nie. Elke gesinsituasie verskil, en kinders sal verskillende vlakke van leiding benodig. Maar jy kan nie bloot aan jou kinders die beste gee wat geld kan koop nie sonder om hulle die waardes te leer wat die basis sal vorm van lewenslange gewoontes om nie net hulle eie finansiële sekuriteit te verseker nie, maar dié van toekomstige generasies,” sluit Lipschitz af.

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150