Versekeringskwotasies: 5 wenke om reg te kies

Maandag, Mei 30th, 2016

In alle gevalle sal oplettendheid by die invul van die kwotasievorm jou op die lang duur help om geld te spaar en die produk te kry wat jou die beste pas.

Hier is vyf wenke om jou te help om akkurate versekeringskwotasies te kry wat waarde vir geld bied:

 

  1. Wees voorbereid

Maak seker jy het al jou tersaaklike persoonlike inligting byderhand voordat jy die kwotasievorm begin invul. In die geval van motorversekeringskwotasies moet jy die fabrikaat, model, jaar en VIN-nommer van jou kar byderhand hê saam met jou eie en ander drywers se persoonlike besonderhede.

 

  1. Vergelyk soortgelyke polisse

Indien jy ’n bestaande polis vervang, moet jy dit byderhand hê sodat jy pryse, tariewe en voorwaardes akkuraat kan vergelyk. As jy byvoorbeeld ’n omvattende begrafnispolis het, maak seker dat ander versekeringspolisse wat jy kry dieselfde dekkingsvlak bied.

 

  1. Kyk rond

Dit maak nie saak watter soort versekering jy soek nie, dis ’n goeie idee om meer as een kwotasie van ’n klomp maatskappye te kry omdat die koste en dekkingsvlakke baie kan wissel tusssen hulle. Jy sal dan jou opsies teen mekaar kan opweeg en vergelyk watter polis jou die meeste waarde vir geld gee ten opsigte van premies en dekking.

 

  1. Moenie net na die prys kyk nie

Moenie net na die prys van die polis kyk as jy verskeie polisse vergelyk nie – kyk ook na die dekking wat jy kry. Hoewel ’n versekeringskwotasie dalk die goedkoopste is, kan dit beteken dat jy ontoereikende dekking het en dit kan maak dat dit op die lang termyn nie die moeite werd is nie. Kyk ook na die versekeringsmaatskappy se reputasie en of vorige kliënte tevrede is met hul produkte en dienste.

 

  1. Wees eerlik

Wanneer mens ’n versekeringskwotasievorm invul, is dit soms ’n versoeking om sekere detail uit te laat ten einde ’n laer premie te kry, soos of jy rook of nie en of jy al aan ’n verkeersoortreding skuldig bevind is. As jou versekeringsmaatskappy egter uitvind dat jy gejok het, kan hulle jou aansoek verwerp of jou later vir bybetalings en hoër premies aanspreeklik hou.

 

Bron: Hollard

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161