Verseker die beste wetlike uitkoms na ʼn ongeluk

Maandag, Augustus 1st, 2016

Die meeste mense laat dit na om die nodige besonderhede na ʼn ongeluk neer te skryf, wat rampspoedig mag wees wanneer jy alleen buite jou tuisdorp reis, in ʼn onbekende plek.

“Dit is belangrik om te weet daar is ʼn paar dinge wat jy direk na ʼn ongeluk kan doen om jou kanse op sukses in die hof te verbeter. Om aantekeninge te maak van die klein besonderhede, die dinge waaraan jy normaalweg nie sou dink nie, kan baie help om ʼn positiewe uitkoms vir jouself te verseker,” sê Tertius Bossert, hoof van FNB se Law on Call.

FNB se Law on Call gee die volgende wenke:

 

Maak aantekeninge van al die mense wat by die ongeluk teenwoordig was.

Nadat die ongeluk gebeur het, moet jy probeer om soveel inligting as moontlik te bekom van die ander betrokke party. Dit sluit al hulle persoonlike besonderhede in: hulle naam en van, hulle adres, kontakbesonderhede en ID-nommer.

“Waar moontlik, moenie skaam wees om jou foon te gebruik om ʼn foto van die ander party se ID-dokument te neem nie,” sê Bossert. “As daar ooggetuies van die ongeluk was – maak ook ʼn nota van hulle besonderhede; dit sluit passasiers in jou voertuig of die ander voertuig in, aangesien hulle benodig mag word om ʼn verklaring af te lê oor wat gebeur het.”

 

Voertuigbesonderhede en die ongelukstoneel

Nadat jy al die besonderhede van die betrokke persone neergeskryf het, moet jou volgende stap wees om al die besonderhede van die ander voertuig neer te skryf; dit sluit in die maak, model, kleur en registrasienommer van enige van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was. “Jy kan ook die toestand neerskryf van die voertuig wat met jou in die ongeluk betrokke was: het die flikkerligte, remme en kopligte van die ander voertuig gewerk onmiddellik voor die ongeluk?” sê Bossert.

Jy moet ook gedetailleerde notas maak van die ongelukstoneel. Dit sluit in die korrekte spelling van die straatname,  is die kruising beheer deur ʼn verkeerslig en indien wel, was daar enige flitsende pyltjies wat sekere bane ryvoorrang gee. As jy voorts in ʼn area is wat onveilig voorkom, of miskien voel jy geïntimideerd en ongemaklik om tyd daar deur te bring, onthou dat jy jou foon kan gebruik om  ʼn foto van die kruising of die area te neem waar die ongeluk gebeur het.

 

Weer en sigbaarheid

 

Maak aantekeninge van die weerstoestande ten tye van die ongeluk. Omdat sigbaarheid op verskillende tye van die dag verskil, moet jy ook aanteken of die ongeluk tydens dagbreek, daglig, skemer of die aand gebeur het. Hierna moet jy ʼn nota maak van die pad se oppervlak: was dit droog, nat, of glibberig, of was daar slaggate en riwwe en was die geverfde lyne op die pad duidelik sigbaar?

“Ten slotte, as die SAPD of metro-polisie nie die ongelukstoneel besoek het nie, moet jy die ongeluk binne 24 uur aanmeld by die polisiestasie naaste aan die plek waar die ongeluk gebeur het. As jy soveel besonderhede as moontlik neergeskryf het, onmiddellik na die ongeluk, sal dit jou baie help. Dit is ook belangrik om te onthou dat dit verskeie maande mag neem voor so ʼn saak in die hof opeindig, so jy sal dankbaar wees dat jy al daardie besonderhede neergeskryf het,” sluit Bossert af.

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152