Verhaling van munisipale skuld na oordrag geregistreer is

Dinsdag, November 8th, 2016

Sanette VIljoen

 

 

 

Verloor die munisipaliteit sy reg om skuld te verhaal nadat die oordrag geregistreer is?

Tot dusver het al die sake wat handel oor munisipale regte ingevolge artikel 118 gefokus op die bepalings van artikel 118(1) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000), wat betrekking het op die uitreiking van ‘n klaringsertifikaat sodra alle skuld van tot en met twee jaar voor die aansoek vereffen is.

In die saak City of Tshwane Metropolitan Municipality v Mathabathe, wat gerapporteer is in Mei 2013, het die hoogste hof van appèl weereens bevestig dat ‘n munisipaliteit verplig is om die klaringsbedrae vir dienste wat gelewer is, uit te reik vir die tydperk van twee jaar voor die aansoek. Geen historiese skulde wat ouer as twee jaar is, kan van die verkoper geëis word nie en die betaling daarvan kan ook nie gebruik word as ‘n voorvereiste vir die uitreiking van die klaringsertifikaat nie.

Wat gebeur dan met skuld wat ouer as twee jaar is? Verloor die munisipaliteit sy regte ingevolge artikel 118(3) as hy ‘n klaringsertifikaat uitgereik het vir die vorige twee jaar? Hierdie vrae is in die bogenoemde saak aangespreek.

Die bepalings van artikel 118(3) gee vir die munisipaliteit ‘n waarborg vir die betaling van skuld deur ‘n las op die eiendom te plaas vir die bedrag wat verskuldig is. Hierdie las geniet voorkeur bo enige verband wat teen die eiendom geregistreer is.

Dit is dus duidelik dat enige bedrag, bo en behalwe die bedrag wat vir die doel van ‘n klaringsertifikaat uitgereik is, teruggeëis kan word kragtens artikel 118(3) (indien dit nog nie verjaar het nie). Die praktiese implikasie is dat die munisipaliteit, na die uitreiking van die tweejaar-syfer, steeds stappe kan doen teen die eienaar van die eiendom om skuld ouer as twee jaar in te vorder.

In wese plaas hierdie reg van die munisipaliteit ‘n verbod op die eiendom. Aktebesorgers moet die partye tot die transaksie adviseer dat, selfs al is ‘n klaringsertifikaat vir die vorige twee jaar uitgereik, die verdere uitstaande skulde ‘n las op die eiendom plaas en dat die munisipaliteit steeds daardie gedeelte van die skuld kan eis van die persoon wat ten tyde van die eis die eienaar was.

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170