Vakansieverblyf: Hoe om nie ingeloop te word nie

Vrydag, September 16th, 2016

Gratis aanlyn advertensiewerwe is dalk al as ʼn seën bewys vir eerlike mense wat goed wil verkoop, maar hulle lok ook swendelaars wat daarop uit is om goedgelowiges uit hul swaarverdiende geld te swendel.

Die internet het die wyse waarop ons sake doen, verander. Aanlyn inkope het die norm geword en die meeste van ons klik salig voort sonder om te dink. Daar is natuurlik baie werwe op die internet wat nie ʼn probleem is nie, maar daar is gevalle wanneer dit wys sou wees om meer as net ʼn bietjie versigtig te wees.

Baie mense begin nou om na vakansieopsies te kyk. Ongelukkig het hierdie mark, soos baie ander, ook begin om gewetensloses aan te trek.

“Dit verbaas my elke keer hoe liggelowig sommige mense is as dit by geldsake kom,” sê Roberts. “In ons vinnig bewegende verbruikersomgewing waar sosiale media responstye korter gemaak het, is mense nou meer vatbaar as ooit tevore vir skelmstreke, en een van die nuutstes word deur swendelhuuragente bedryf.”

Die Suid-Afrikaanse kuslyn is ʼn groot speelveld vir hierdie onetiese besighede wat ongelooflike vakansie-akkommodasie belowe maar nie lewer nie. Aan die begin van die jaar het die media vertel van mense wat akkommodasie vir hul jaareindevakansie gehuur het, net om by hul aankoms te vind dat ander mense reeds die akkommodasie beset wat hulle “gehuur” het, of dat die eiendom nie was wat hulle beloof is toe hulle die deposito betaal het nie.

“Hierdie transaksies word meestal aangebied deur agente wat jy nooit ontmoet nie, wie se kantore jy nie besoek het nie en wie se enigste doel is om jou ʼn deposito te laat betaal op ʼn eiendom waarop hulle nie ʼn mandaat het nie. Dit sal ook die laaste wees wat jy van hulle hoor,” verduidelik Roberts. Hierdie agente werk hoofsaaklik deur huureiendomme, gewoonlik nuwe ontwikkelings, valslik op die internet te adverteer. Die swendelaars plaas dikwels druk op kliënte om ʼn deposito te betaal deur te sê dat die eiendom in aanvraag is, maar dit is die laaste wat die kliënte van die geld en die eiendom sal sien.

Gevaartekens dat jy met ‘n swendelaar te doen het:

 

  • ʼn Transaksie wat te goed klink om waar te wees, is dikwels ʼn swendelary.
  • Wees versigtig as die advertensie net die persoon se naam en selfoonnommer gee. Alle vooraanstaande maatskappye het webwerwe met landlynnommers.
  • Die huurooreenloms en dokumentasie word op skryfbehoeftes sonder handelsmerk aangebied en die bankrekening waarin die deposito betaal moet word, stem nie met die maatskappy se naam ooreen nie.
  • As die huuragent druk uitoefen vir die betaling van ‘n deposito want “daar is ‘n waglys en ander huurders wil die plek hê”, behoort daar ‘n rooi vlag op te gaan.

 

Bron: National Letting

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150