Uitgawe 6 2010 – Min voorsien vir medies ná aftrede

Maandag, Desember 8th, 2014

My geld

Deur Moira-Marie Kloppers

Tot 67% van werkende mense weet nie dat hulle, afgesien van pensioenvoorsiening, ook bykomende voorsiening vir mediese uitgawes ná aftrede moet maak nie. Boonop sit slegs 5% mense wat wél daarvan bewus is, ekstra geld hiervoor eenkant. Nog ’n skokbevinding is dat tot 52% van pensioentrekkers hulle bydraes tot mediese fondse kanselleer as dit finansieel begin sleg gaan. Dié syfers is luidens Sanlam se jongste Benchmark TM-oorsig.Tog raak mediese uitgawes, veral dag-tot-dag mediese uitgawes, ná aftrede vinnig afgetredenes se grootste uitgawe. Alexander Forbes Health reken dat ’n egpaar ná aftrede, benewens hulle pensioengeld, minstens R1 miljoen vir mediese uitgawes beskikbaar moet hê.

Volgens Dawie deVilliers, uitvoerende hoof van Sanlam, maak mense wat ongeveer 15% van hul jaarlikse salaris vir ’n tydperk van ongeveer 30 jaar lank spaar, genoeg voorsiening vir aftrede. Maar indien daar ook vir mediese uitgawes voorsiening gemaak wil word, reken hy, moet dié spaarkoers met tussen 1% en 5% verhoog word.

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160