Uitgawe 4 2011 – Laat jou spaarvarkie bult

Maandag, Augustus 8th, 2011

My geld

Deur: Ilze Nieuwoudt

Spaar, spaar, spaar! ’n Mens hoor dit bykans elke dag en elke keer is jou antwoord: “Ek kan nie!” Dit is presies waar jy die fout maak. Om te spaar, is eintlik eenvoudig. Die webtuiste www.thisismoney.co.uk bied nuttige raad vir maniere waarop jy jou spaarvarkie weer kan laat kreun!

RAAK ONTSLAE VAN KREDIETKAARTE

Kredietkaarte is duur geld, en ja, hoewel dit jou waarskynlik al telkens uit die knyp gehelp het, is kredietkaarte geldvreters. Nie net vreet die rente op hierdie skuld ’n gat in jou sak nie, dit het ’n manier om jou dieper en dieper in die skuldgat te trek. Begin sommer vandag om jou kredietkaartskuld af te betaal.

LUI-LUI TELEFOON!

Dit is so eenvoudig om net gou nog ’n SMS te stuur of vir ’n paar minute lank met wie ook al op die foon te klets. Gaan doen gerus jou sommetjies en kyk hoeveel rand jy per maand aan oproepe betaal. Wees meer spaarsamig met jou oproepe en boodskappe en prober só ’n paar rand spaar!

MAAK ’N INKOPIELYSIE

Deur te beplan wat jy in die maand gaan benodig, sal jy baie kan spaar. Maak ’n volledige lysie van al jou bestanddele – dit help ook as jy dan reeds weet watter disse jy vir die volgende 30 dae beplan. Sodoende kan jy verhinder dat jy onnodige items koop.

JY BETAAL VIR ’N NAAM

Of dit nou klere of kos is – as dit die regte handelsmerk dra, gaan jy betaal! Oorweeg dit om alternatiewe te probeer. Jy sal verstom wees oor die gehalte en laer prys.

KLIM IN EN DOEN DIT SELF

Die kraan in die badkamer lek, en dit is so maklik om maar net die foon op te tel en jou plaaslike loodgieter te bel om dit in ’n japtrap te kom regmaak. Daar is egter tientalle webtuistes met inligting oor hoe om huistakies self te verrig. Gaan snuffel gerus rond en doen dit sommer self!

LEEF VOLGENS JOU EIE INKOMSTE

In Engels word daar verwys na “keeping up with the Joneses”. Dit is hierdie byhou met ander wat veroorsaak dat jy nie kan spaar nie. Leef binne jou eie inkomste en as dit beteken dat jy dalk volgende keer ’n uitnodiging vir die een of ander duur uitstappie van die hand moet wys, dan moet jy.

SNUFFEL ROND VIR GOEDKOPER OPSIES

Versekering is ’n taai tameletjie, en die meeste mense verkies om die soeke na die beste versekeraar kort te knip en eenvoudig die eerste beste opsie te vat. Dit is noodsaaklik dat jy ’n opsie kies wat jou pas, maar dit beteken nie noodwendig dat dit peperduur moet wees nie. Bel rond en kry ’n paar kwotasies en vergelyk die dienste en pryse met mekaar.

 

 

Kommentaar is gesluit.

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150