Deur Emsie Martin
Al is Covid nou ‘amptelik’ bykans verby, worstel mense steeds met die geldelike probleme wat deur die pandemie veroorsaak is. Hulle vrees krediteure se maandelikse / daaglikse telefoonoproepe. As daar aan die einde van die maand nie genoeg geld is om al jou verpligtinge en gewone uitgawes na te kom nie, is dit tyd om te kyk na skuldberading.
Skuldberading bied 'n goeie oplossing vir verbruikers wat kniediep in die skuld is met 'n effektiewe skuldhersieningsplan. Hierdie proses strek vanaf die aansoekproses tot by die uitreiking van 'n vrystellingsertifikaat. Hoewel bogenoemde proses al baie verbruikers uit die skuld gehelp het, glo sommige verbruikers steeds verskeie mites oor skuldberading.
DebtSafe het besluit om 'n paar van sy vele skuldvrye kliënte uit te vra oor hulle eie ervarings met die skuldhersieningsproses. Met behulp van hierdie terugvoer werp 'n skuldbestuurkenner, Carla Oberholzer, lig op wat skuldberaders doen en wat skuldberading behels.
Skuldberaders
Oberholzer noem dat elke skuldberader gebruik maak van sy eie stel prosedures, waardes en uitkyk wanneer dit kom by hulpverlening aan verbruikers. Hoewel die skuldberadingsproses grotendeels deur die Nasionale Kredietreguleerder gereguleer word, is elke skuldberadingsfirma uniek met betrekking tot die volgende:
Kies 'n skuldberader wat by jou eie kernwaardes pas én met wie jy kan identifiseer as individu, want jy sal vir 'n paar jaar met 'n skuldberader moet kommunikeer en werk. Jou keuse is daarom baie belangrik.
Leer uit 'n skuldhersieningsproses
'n Skuldvrye verbruiker bevestig dat kliënte tog wel kennis opdoen: “Wat ek deur middel van die skuldhersieningsproses geleer het, is dat jy altyd moet probeer spaar waar jy kan. En jy moet nooit meer spandeer as wat jy verdien nie.”
Oberholzer verseker verbruikers dat daar baie te leer is tydens 'n skuldhersieningsproses, soos byvoorbeeld die bestuur van toekomstige finansies en om skielik op 'n begroting te moet werk, maar die finansiële kennis wat verkry word, is van onskatbare waarde.
Skuldberaders werk saam met kliënte
Skuldberaders werk saam met kliënte om seker te maak dat kliënte hulle vrystellingsertifikaat (vorm 19 in terme van die Nasionale Kredietwet) aan die einde van die skuldhersieningsproses ontvang. Die betrokke take van skuldberaders sluit die volgende in:
Skuldberadingsfooie
Eerstens word alle skuldberadingsfooie deur die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) gereguleer. Skuldberaders kan nie net vra wat hulle wil nie.
Die meeste skuldberaders is ‘verbruikerskampioene’. Die hoeveelheid werk wat gedoen moet word ten einde 'n verbruiker op sy/haar skuldvrye reis te stuur, is indrukwekkend.
Geen krediet in die toekoms?
Kredietaansoeke kan nie geweier word as gevolg van jou skuldhersieningsagtergrond nie. Sodra ’n skuldvrystellingsertifikaat uitgereik is, wat ook deur die skuldeisers sowel as die buro’s verwerk is, kan jy aansoek doen vir huislenings, voertuigfinansiering en ander kredietverwante aansoeke, sê Oberholzer.
Skuldhersiening, as oplossing vir oormatige skuld, het 'n rehabiliterende gees. Die hele doel is om die verbruiker weer krediet-aktief te kry, natuurlik op 'n verantwoordelike manier. Baie verbruikers wat deur die skuldhersieningsproses gegaan het, doen suksesvol aansoek vir krediet.
As 'n kredietverskaffer iemand se toegang tot krediet afkeur, het die verbruiker die reg om 'n volledige verduideliking te ontvang waarom die krediet afgekeur word. Van daar af kan gepaste maatreëls of prosedures toegepas word.
Kan jy jou bates verloor?
As gevolg van die Nasionale Kredietwet se bepalings beskerm skuldhersiening jou bates, sê Oberholzer. Die skuldhersieningsproses is spesifiek ontwerp sodat verbruikers hulle skuld kan terugbetaal, insluitend huislenings en voertuigfinansiering, sonder om hul bates te verloor.
Sodra die skuldhersieningsproses betree word, word alle kredietverskaffers verbied om verdere stappe teen verbruikers te neem rakende die rekeninge wat in die skuldhersieningsproses ingesluit is.
Kredietverskaffers kan byvoorbeeld nie jou motor terugneem terwyl jy onder 'n skuldhersieningsprogram val nie. Die enigste manier hoe kredietverskaffers toegelaat sal word om jou voertuig te neem is as jy 'n brief onderteken waarin jy basies vrywillig die voertuig teruggee, of indien 'n geldige hofbevel van die hooggeregshof verskaf kan word. Dít is die enigste manier hoe jou bates weggeneem kan word.
Maklik in, maklik uit
Om jou skuld te bestuur is nie die maklikste of vinnigste proses nie. 'n Skuldvrye kliënt erken: “In die begin was dit moeilik, maar dit het daarna makliker geword.” Om skuld te bestuur is nie so maklik soos een-twee-drie nie, maar met die hulp van 'n skuldberader kan kliënte weer asemhaal omdat 'n goedgekeurde skuldhersieningsprogram namens hulle geïmplementeer word. Dit stel verbruikers in staat om hulle skuld elke maand in bekostigbare paaiemente af te betaal. Kliënte moet daarom op die korttermyn vasbyt om op die langtermyn skuldvry te kan wees.
Miskien wil jy graag van beroep verander en mense help om meer finansieel onafhanklik te raak. Solidariteit Beroepsgildes is ‘n gemeenskap wat jou nie net sterk maak in jou beroep nie, maar is ‘n gemeenskap waar jy tuis voel, saam werk en saam leer. Dit is ‘n gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, vir jongmense loopbaangeleenthede te skep, as waghond toesig te hou oor beroepe en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Besoek gerus https://gildes.solidariteit.co.za/ vir meer inligting rakende jou beroepsgilde.
BRON:
Carla Oberholzer by DebtSafe carla@debtsafe.co.za
Lees ook: https://www.prokureur.co.za/faq/Skuldinvordering.html
Oops! We could not locate your form.