Top 5 stappe om jou rykdom se groei te handhaaf

Woensdag, Februarie 8th, 2017

Middel- en hoër-klas Suid-Afrikaners verdien meer as genoeg om gerieflike lewenstyle te bekostig, maar hulle moet tot ʼn vergelyk kom met die eise wat gestel word om te verseker dat hulle lewenstyle lank na aftrede volhoubaar sal wees.

Andrew Bradley, hoof uitvoerende beampte by Old Mutual Wealth (OMW), sê ten spyte van die ontluikende groei in hierdie groep van individue se privaat verdienstes, lewe hulle bokant hulle kontantvloei-inkomste en is besig om die fondamente van die bates wat hulle vir aftrede opgebou het te erodeer weens roekelose besteding en die onvermoë om te aanvaar dat ʼn kopskuif nodig is.

Navorsing deur die maatskappy het bevind dat 70% van diegene wat tot soveel as                R1 miljoen in jaarlikse salarisse verdien, meer as dit bestee met geen belegbare bates nie, terwyl 14% gesê het dat hulle bokant hulle inkomste lewe en sukkel om kop bo water te hou.

ʼn Verdere 10% het gesê hulle is nie gepla om vir hulle toekoms te spaar nie, 14% het gesê hulle sou graag wou belê maar is nie seker by wie om aan te klop vir finansiële advies nie en 23% het gesê hulle sien geen voordeel daarin om aan een besondere belegging-instansie lojaal te wees nie en het dus geen langtermynstrategie nie.

“Dit gaan nie oor hoeveel hulle verdien nie, maar wat hulle met hulle geld doen wat kritiek is,” sê Bradley. “Individue met hoë inkomstes moet verantwoordelikheid neem en oorweeg hoeveel is genoeg om vir hulle huidige sowel as toekomstige lewenstylbehoeftes te voorsien. Hulle moet ook die toekomstige impak van hulle huidige finansiële dissipline  – of die gebrek daaraan – verstaan.  ʼn Beleggingsplan wat al hierdie aspekte in berekening bring, is die enigste manier om akkuraat te bepaal hoe die bates wat hulle akkumuleer die beste kan groei om in al hierdie behoeftes te voorsien.”

Hy sê daar is vyf basiese beginsels wat beoefen moet word om betroubare en volhoubare kapitale groei te verseker. He sê om rykdom te bou en te handhaaf, moet individue:

Op die tydperk in die mark eerder as tydsberekening van die mark fokus

“Dit is belangrik om regdeur alle markomstandighede aan te hou belê, en veral wanneer markte laag en aandelepryse onderwaardeer en baie goedkoper is, sodat jy meer kan wen wanneer markte hoog is.”

Tydhorisonne en risiko verstaan

“Tydhorisonne het ʼn belangrike invloed op ʼn beleggingsbenadering. Hoe langer jou perspektief en hoe langer jy bereid is om te belê, hoe meer opsies sal jy hê met groter winste sonder om jou beleggingsrisiko te verhoog.”

Portefeuljes diversifiseer

“Wanneer jy besluit om te belê is dit altyd beter om jou net wyd te sprei. Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie. Moet ook nie fokus op die winste uit individuele komponente van ʼn gediversifiseerde beleggingsportefeulje nie. Kyk eerder na die prestasie van jou portefeulje as geheel.”

Aanhou om oor die langtermyn te belê

“Saamgestelde winste is die magtigste krag in beleggings. Dit gebeur wanneer jy groei uit jou groei kry. Dit gebeur slegs wanneer jy oor ʼn lang tydperk belê het. Om vir verlore tyd te probeer opmaak, sal vereis dat jy baie meer moet spaar en kan gevaarlik wees as jy onrealistiese winste najaag.”

Seker maak beleggingstrategieë is geskik vir spesifieke behoeftes

“Elke persoon is uniek en hulle finansiële behoeftes sal afhang van waar hulle is en hulle persoonlike toekomsplanne. ʼn Goeie beleggingstrategie moet dit in ag neem. Wat vir een persoon goed is, is nie noodwendig goed vir iemand anders nie.”

Hy sê daar bestaan ʼn gebrek aan begrip oor die verskil tussen inkomste en rykdom, en dat die meeste mense met hoë verdienstes geen idee het van hoeveel hulle behoort te spaar om hulle lewenstyl in die toekoms te handhaaf nie.

“Om rykdom te vermeerder is dit noodsaaklik om realisties oor toekomstige winste te wees. Nie alleen moet jy op ʼn vroeë ouderdom begin belê nie, maar jy moet in gedagte hou dat jou beleggings ná aftrede moet aanhou groei. Die koopkrag van jou rykdom moet intak bly om in staat te wees om inflasie ten minste te ewenaar maar verkieslik te klop.”

Hy sê baie ryk individue het nie ʼn onderskeid gemaak tussen besigheid, lewenstyl, belegging en surplusbates nie. Om die eienskappe van elk van hierdie tipes bates te verstaan is kritiek om jou finansiële sekuriteit te verseker.  Besigheidsbates kan aandele in ʼn maatskappy wees wat inkomste genereer en vir nie-aandeelhouers, die inkomste wat hulle uit werk verkry.

Beleggingsbates is die bates wat benodig word om die kontantvloei te vervang wat deur besigheidsbates gegenereer is, veral by aftrede. Dit is noodsaaklik om hierdie bates oor tyd voortdurend te laat groei.

Leefstylbates sluit in ʼn primêre woning, vakansiewonings, motors en ander item wat bekom is om lewenstyle te verbeter. Bradley sê dat skuld dikwels aangegaan word om meer van hierdie tipe bates te bekom, wat die fondse wat vir belegging oorbly verder erodeer.

“Surplusbates het betrekking op die bedrag geld wat nie benodig word om lewenstylbehoeftes te befonds nie. Hierdie fondse kan gewaag word om beleggingsbates te vermeerder, vir toekomstige geslagte te belê of terug te gee deur liefdadigheid- of filantropiese stigtings,” sê Bradley. Om die balans reg te kry met die verspreiding van hierdie tipes bates sal die sukses of mislukking van ʼn beleggingstrategie verseker.

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170