Tien wenke om kaartbedrog te vermy

Vrydag, April 1st, 2016

Solette Swanepoel

 

Amper almal ken ’n aaklige storie van iemand wat die slagoffer van kaartbedrog was en duisende rande verloor het. Ongelukkig is kaartkloning ’n ernstige probleem in Suid-Afrika. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankriskio-inligtingsentrum (Sabric) is daar die afgelope dekade op 1377 kloningstoetstelle wat handmodelle is, beslag gelê. Veral inwoners van Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal moet versigtig wees. 91% van die land se kredietkaartbedrog word in hierdie drie provinsies gepleeg.

Daar is drie algemene plekke waar bankbesonderhede gekloon of gesteel word:

  1. By winkels of restaurante
  2. By beskadigde kitsbanke of kitsbanke waarmee daar gepeuter is
  3. Aanlyn

Volg hierdie wenke om te voorkom dat jy ’n slagoffer van kaartbedrog word:

 

  1. Hou jou kaart dop

Moenie jou kaart onder jou oë laat uitgaan nie. As daar nie ’n draagbare kaartmasjien is nie, vergesel die kelner na die toonbank.

  1. Vra vir die strokie as die betaling onsuksesvol is

Wanneer jy by ’n restaurant betaal en die betaling is onsuksesvol, vra vir ’n strokie. As die restaurant se naam nie op die strokie verskyn nie of daar nie ’n beskrywing is nie, beteken dit dat die kaartmasjien nie aan die restaurant behoort nie en dat jou kaartbesonderhede waarskynlik gesteel is.

  1. Gaan jou bankstate na

Gaan jou bankstate gereeld na en wees op die uitkyk vir ongewone transaksies.

  1. Gebruik veilige kitsbanke

Gebruik bekende kitsbanke in areas wat goed belig is en kitsbanke wat deur ’n kamera gemonitor word. As dit lyk of daar met die kitsbank gepeuter is, stap eerder weg.

  1. Maak seker dis jou kaart

Maak altyd seker dat die kaart wat uit die kitsbank kom wel joune is.

  1. Moet nooit hulp van iemand by ’n kitsbank aanvaar nie

Moenie dat iemand jou by ’n kitsbank help nie ̶  selfs al lyk dit of die persoon by die bank werk. En moet nooit jou bankkaart vir iemand by ’n kitsbank gee nie.

  1. Beskerm jou pin

Wees om die uitkyk vir mense wat oor jou skouer probeer loer wanneer jy jou PIN by die kitsbank insleutel. Bedek die hand wat die PIN insleutel. Moet nooit jou PIN in jou beursie of op jou selfoon stoor nie.

  1. Raak aan ander sleutels op die sleutelbord

Skelms gebruik deesdae termiese tegnologie om jou PIN te steel. Wanneer jy jou PIN by ’n kitsbank insleutel, laat jy ’n termiese handtekening agter. Die beste manier om te verhoed dat jy ’n slagoffer word, is om liggies aan ander sleutels te raak wanneer jy jou PIN insleutel.

  1. Gebruik veilige webtuistes

Maak seker dat jy van veilige webtuistes gebruik maak wanneer jy aanlyn inkopies doen.

  1. Moet nooit e-pos stuur waarin jou kaartbesonderhede is nie

Moet nooit e-posse stuur wat jou kaartbesonderhede bevat nie. Jou bank sal nooit vra dat jy jou kaartbesonderhede via e-pos bevestig nie.

 

Bronne:

 

Jason Felix, 2015, “Pasop, jy word binne 10 sekondes slagoffer van kaartbedrog”, Netwerk 24, http://www.netwerk24.com/nuus/2015-06-25-pasop-jy-word-binne-10-sekondes-slagoffer-van-kaartbedrog.

 

My broadband, 2014, “How criminals steal your credit card info”, http://mybroadband.co.za/news/banking/114873-how-criminals-steal-your-credit-card-info.html.

 

My broadband, 2015, “Watch out for these card skimming and PIN theft tricks criminals use”, http://mybroadband.co.za/news/banking/128194-watch-out-for-these-card-skimming-and-pin-theft-tricks-criminals-use.html.

 

The Banking Association South Africa, 2015, “Card Fraud”, http://www.banking.org.za/consumer-information/bank-crime/card-fraud.

 

The Banking Association South Africa, 2015, “Card Skimming Theft”, http://www.banking.org.za/consumer-information/bank-crime/card-skimming-theft.

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161