Swaar dra al aan die een kant

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Carina Bester

 

Dit gaan al hoe swaarder met ons mense. Die petrolprys is hoog, die kospryse styg, mediesefonds-tariewe en versekeringspremies skiet die hoogte in. Werkloosheid is ʼn realiteit waarmee al hoe meer mense gekonfronteer word.

Oral waar mens gaan kla almal oor die stygende pryse. Al hoe meer mense sukkel om kop bo water te hou. Grappenderwys word daar gespot daarmee dat hulle onder die broodlyn leef.

Goethe het gesê: Dit help ʼn mens as jy in swaarkrytye weet dat dit wat jy self deurmaak nie so uniek is nie; dat dit maar die algemene lot van die mensdom is. Al help dié insig ons nie om aan lyding te ontsnap nie, help dit ons darem om dit te verduur en miskien te oorwin.

Ek moet sê: dit troos ʼn bietjie as jy weet ander mense sit in dieselfde bootjie as jy.

Gaan dit op die oomblik onmoontlik moeilik met jou? Voel jy soos Job en Dawid asof jou daaglikse probleme jou wil onderkry, asof jy nie ʼn oomblik langer daarmee kan saamleef nie? Leer dan om een dag op ʼn slag te lewe, vra dat God jou net vir vandag sal dra – en gee dan met sy hulp een tree op ʼn keer. – Nina Smit.

Wat ‘n wonderlike troos om te weet dat die Here vir ons sorg. Dat Hy die beste weet en dat Hy ons dra deur moelike tye.

Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons. God is ons hulp! – Psalm 68:20.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161