Suinigheid

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Carina Bester

 

As daar een ding is wat ek nie kan hanteer nie, is dit wanneer mense suinig is. Suinig met hulle geld. Suinig met hulle tyd.

Ek is van mening dat mens eerder iets los, as om ʼn afgewaterde weergawe daarvan te probeer aanpak.

Ek weet ons leef in moeilike tye waar elkeen sy sente moet omdraai om die einde van die maand te haal. Dit is nie waarvan ek praat nie.

Dit is wanneer mense genoeg het om te gee, maar net te suinig is. Baie keer is dit nie die rykste mense wat die vrygewigste is nie.

As kind het ek die storie van Charles Dickens: A Christmas Carol, baie geniet. Die karakter Ebenezer Scrooge is ‘n perfekte voorbeeld van ‘n baie suinige mens. Gelukkig het hy teen die einde wel verander.

Op die ou end maak rykdom jou nie warm nie. Jy sterf jou vriende af omdat hulle nie van jou suinigheid hou nie. Hulle raak moeg om te hoor jy het nie geld om saam met hulle dinge te doen nie. Ontvang mense gasvry en moenie afskeep nie – hulle sien dit raak.

In Afrikaans het ons ʼn spreekwoord: So suinig soos ʼn vrek. Daar is ook ʼn idioom wat lui: As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)

Gee wat jy kan. Moenie spandabelrig wees nie – daar is niks fout daarmee om spaarsamig te wees nie. Dit is wanneer dit begin oorhel na suinigheid, wat dit nie meer aanvaarbaar is nie.

Ek hoor nou die dag ʼn grappie oor suinigheid: Hy’s so suinig, hy kou drie dae lank aan ʼn toffie.

Moenie met toe vuiste jou geldjies vasklem nie… Op die ou end is dit al wat jy gaan hê.

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161