Staan ‘n bietjie stil

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Carina Bester

 

Soms moet mens eers weer stil raak tussen die gezoem en gejaag van die lewe. Weer tot die besef kom van wat werklik belangrik is.

Nie geld en goed nie. Dit is die klein dingetjies in die lewe wat alles die moeite werd maak.

Ons neem so maklik alles wat ons is en het as vanselfsprekend aan. Ons kyk soms die wonder daarvan mis. Ons vergeet dat al hierdie dinge onverdiende genade is. Wat ek is, is net genade. Wat ek het is net geleen… – Koos du Plessis in sy Gebed.

Ons het so baie om voor dankbaar te wees. Tóg sien ons soms net die dinge raak wat ons nie het nie. Dinge wat ons dalk nooit kan kry nie.

Waardeer weer die wonder van liefde en lag en vreugde en gesondheid en krag en werk en gemoedsrus en alle ander wonderlike dinge in jou lewe. Sien dit weer raak.

Een woord bevry ons van die juk en die pyn van die lewe; daardie woord is liefde – Sophocles.

Ek het die mooiste stukkie raakgelees oor liefde wat deur ʼn anonieme persoon geskryf is:

Liefde is ʼn stille verstaan, ʼn wedersydse vertroue, ʼn deel met mekaar en vergifnis.
Dit is getrouheid deur goeie en slegte tye.
Dit is met minder as die perfekte tevrede en maak voorsiening vir menslike swakhede.
Dit is tevrede met die hede en het hoop vir die toekoms, maar dit broei nie oor die verlede nie.
Dit is ʼn daaglikse geskiedenis van irritasies, probleme, kompromieë, klein teleurstellings, groot oorwinnings en werk na gemeenskaplike doelstellings.
As jy liefde in jou lewe het, kan die liefde vergoed vir baie ander dinge waarin jy te kort skiet.
As jy die liefde nié het nie, kan jy alle ander dinge hê, maar dit sal nie genoeg wees nie.

love-kids-balloons

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160