Spesiale heffings: Vir wat? Wie besluit? Wie betaal?

Vrydag, November 4th, 2016

Anton Kelly

 

Die meeste mense wat deeltitel-eenhede koop, verstaan baie min oor die aanspreeklikhede en verantwoordelikhede uniek aan hierdie tipe eiendom-eienaarskap – totdat hulle werklik daarmee te doen kry as die geregistreerde eienaars van die eenheid. Maar hulle het al gehoor van die maandelikse heffing, en die een waarvan hulle ook gehoor het en vrees – met goeie rede – is die spesiale heffing.

 

Oplegging van ʼn spesiale heffing

Beide die Wet op Deeltitels en die voorgeskrewe reëls laat die besluit om ʼn spesiale heffing op te lê oor aan die uitsluitlike diskresie van die trustees. Die Wet sê ʼn spesiale bydrae “word betaalbaar met die aanneem van ʼn besluit in hierdie verband deur die trustees” en die reël sê “Die trustees mag … spesiale heffings op die eienaars oplê”. Dit sou vir eienaars moontlik wees om ʼn uitgawe wat hulle as ʼn liggaam moet goedkeur – soos ʼn verbetering aan die algemene eiendom – deur ʼn spesiale heffing te befonds, maar gewoonlik het eienaars nie ʼn sê nie, hulle moet eenvoudig betaal.

 

Twee vereistes vir trustees om ʼn spesiale heffing op te lê

Wetgewing maak egter die trustees se mag om ʼn spesiale heffing op te lê voorwaardelik op twee vereistes. Die eerste is dat die spesiale heffing nodig moet wees en die tweede is dat ʼn spesiale heffing nie opgelê kan word om te betaal vir ʼn uitgawe alreeds goedgekeur in die begroting van die laaste AJV nie. Nodig beteken dat ʼn spesiale heffing nie opgelê kan word vir ʼn uitgawe wat kan wag vir insluiting in die volgende finansiële jaar se begroting nie. Die begrotingbeperking beteken dat ʼn spesiale heffing nie gebruik kan word om, byvoorbeeld, te betaal vir ʼn onderhoudsuitgawe nie want onderhoud moet by die begroting ingesluit word. Spesiale heffings is vir noodgevalle!

 

Aanspreeklikheidsbepalings

Die aanspreeklikheidsbepalings vir die betaal van ʼn spesiale heffing is effens verskillend van die bepalings wat die aanspreeklikheid vir die gewone heffing oorheers. Die persone wat die geregistreerde eienaars van eenhede in die skema is op die datum wanneer die trustees die heffing oplê, hetsy die jaarlikse heffing of ʼn spesiale heffing, is aanspreeklik om daardie heffing te betaal. Wanneer ʼn eenheid egter oorgeplaas word, verskuif die aanspreeklikheid vir die jaarlikse heffing pro-rata van die persoon wat die eienaar was ten tye van die trustees se besluit, na die nuwe eienaar.

Dieselfde geld egter nie vir die aanspreeklikheid vir ʼn spesiale heffing nie. Indien ʼn spesiale heffing lopend is ten tye van die verkoop van ʼn eenheid, moet die verkoper die betaling van die spesiale heffing voltooi voordat die eenheid na die nuwe eienaar oorgeplaas word. ʼn Alternatief kan ʼn reëling in die koopkontrak wees wat betaling van die spesiale heffing akkommodeer. En die beheerliggaam moet met die reëling tevrede wees want dit is ʼn voorwaarde vir die uitreiking van ʼn heffing-klaringsertifikaat.

 

Bron: Paddocks

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152