Spaar water en geld met dié 6 wenke

Vrydag, Oktober 30th, 2015

Barry Davies

 

Die onlangse afsny van water en beperkings het dit by baie verbruikers tuisgebring hoe ʼn skaars – en duur – bron water in Suid-Afrika word, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt internasionale eiendomsgroep.

En die tekorte is veral opvallend in die somer, sê hy, dus moet huiseienaars nou alles in hulle vermoë doen om verbruik in te kort en hulle rekenings laag te hou.

Hier volg ses voorstelle van waterbesparingsdeskundiges wat daarop gemik is om jou te help om minder water te mors:

 

1. Gee vroeg en laat water

Stel besproeiingstelsels om jou grasperk en tuinbedding voor sonsopkoms en na sononder nat te spuit.

As die son nie vir jou water kan wedywer nie, sal meer water die grond penetreer as wat daar verdamp en jy sal minder gereeld hoef nat te gooi.

2. Moenie die oprit of patio natgooi nie

Gaan jou sproeiers gereeld na om te verseker dat hulle behoorlik werk en water sproei waar jy dit wil hê.

Sproeierkoppe wat op rigting ingestel is, sal verseker dat jy jou geld net op water bestee wat val op dinge wat groei.

3. Installeer reënsensors.

Hierdie sensors is beskikbaar by goeie hardewarewinkels en verskaffers van besproeiingstoerusting, en sal ʼn besproeiingstelsel se stellings oorheers sodat jy nie Moeder Natuur se werk verdubbel nie.

4. Spaar reënwater

Een van die beste maniere om waterverbruik buite te beperk, is om waterdromme of –tenks onder jou aflooppype te sit om reënwater van jou dak af op te vang. Jy kan die water gebruik om gieters of emmers vol te maak en plekke nat te gooi waar jou sproeierstelsel nie bykom nie.

As jy die tenks op platforms installeer, kan jy dalk genoeg druk vir ʼn tuinslang genereer.

5. Moenie druk-apparaat gebruik om mee te was nie

Gebruik ʼn hark, besem of blaarstofsuier om jou grasperk of oprit skoon te vee, en ʼn emmer en spons om jou kar te was.

6. Hou dop vir lekkasies

Herstel enige druppende krane dadelik en gaan gereeld na vir verborge lekkasies deur al jou krane binne en buite (insluitende die watertoevoer na die toilet) toe te draai en dan te kyk of jou watermeter nog draai. Indien wel, roep ʼn deskundige se hulp in om so gou as moontlik na die probleem om te sien, want self ʼn klein lekkasie kan jou honderde rande in ʼn jaar kos.

ʼn Druppende kraan mors ongeveer een liter water of meer per uur.

 

Bron: Chas Everitt

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152