Solidariteit Finansiële Dienste vat hande met Tendahealth

Vrydag, Oktober 14th, 2016

Die onlangse aankondiging van stygings in mediesefondsbydrae stuur skokgolwe deur enige verbruiker se begroting. Die finansiële welstand van sy lede is vir Solidariteit ʼn prioriteit, en relevante inligting wat professioneel aangebied word, is ʼn sleutelbestanddeel om goeie finansiële welstand te verseker.

Solidariteit Finansiële Dienste het daarom hande gevat met Tendahealth, ʼn gemagtigde verskaffer van finansiële advies en produkte wat spesialiseer in die veld van mediese fondse en produkte wat mediese fondse komplementeer, byvoorbeeld gapingdekking.

Tendahealth sal deur Solidariteit Finansiële Dienste se netwerk Solidariteit se lede kan kontak en hulle met professionele raad kan bystaan wat betref die keuse van mediese fondse en alle produkte wat daarmee saamgaan. Tendahealth is by Die Raad op Mediese Skemas geregistreer en het is ook by die Raad op Finansiële Dienste gelisensieer.

Vir enige navrae, skakel 0861 101 005 of stuur ʼn e-pos aan gapingsdekking@solidariteit.co.za

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161