Skep moed!

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Carina Bester

 

Aan die begin van die nuwe jaar is daar altyd baie onvoorsiene kostes. Mense raak moedeloos omdat hulle nie weet of hulle genoeg geld gaan hê om alles te betaal nie. Alle premies styg. Begrotings wil nie klop nie.

Dit voel vir sommiges asof hulle op moedverloor se vlakte is.

Skep moed! Onthou, vandag is die môre waaroor jy jou gister so gekwel het – Victor Hugo.

Wees blymoedig. Skep moed!

Moed is om te doen wat gedoen moet word met die diep innerlike oortuiging dat, as jy jou plig doen, jy vir die res op God kan vertrou – Solly Ozrovech.

Op wie is jou hoop gevestig?

Wees ons genadig, Here, ons vestig ons hoop op U. Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood – Jesaja 33:2.

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160