Is skenkingsbelasting betaalbaar met die verkoop van eiendom?

Dinsdag, Oktober 18th, 2016

Vraag: “Ek het onlangs ‘n trust gevestig. Ek wil een van my eiendomme aan die trust verkoop deur middel van ‘n rentevrye lening, met die trust wat die koopprys van die eiendom aan my skuld. Ek het egter gehoor so ‘n rentevrye lening kan lei tot skenkingsbelasting. Is dit so? Is daar enige manier om dit te vermy?”

 

Antwoord: Rentevrye lenings word wyd gebruik in Suid-Afrika. As ‘n mens deur middel van ‘n rentevrye lening eiendom na ‘n trust oordra, vorm die eiendom nie meer deel van ‘n mens se persoonlike boedel nie, wat ‘n potensiële besparing op boedelbelasting beteken wanneer die waarde van die eiendom toeneem, terwyl die leningsbedrag onveranderd bly. Die verkoop van ‘n eiendom aan ‘n trust deur middel van ‘n rentevrye lening is oor die algemeen verkieslik bo ‘n skenking, aangesien dit die betaling van skenkingsbelasting vermy. ‘n Mens moet egter onthou dat waar die koopprys van die eiendom minder is as die markwaarde, mag 20% skenkingsbelasting op die verskil tussen die markwaarde en die verkoopprys betaalbaar wees, aangesien die transaksie beskou kan word as ‘n beskikking vir onvoldoende vergoeding soos bepaal in die Inkomstebelastingwet (“Wet”).

Bogenoemde nieteenstaande, mag daar wat die toestaan van so ‘n rentevrye lening betref, verdere skenkingsbelasting-nagevolge wees. Artikel 54 van die Wet maak voorsiening vir die betaling van skenkingsbelasting op die waarde van eiendom wat weggedoen is as deel van enige skenking deur enige inwoner, met “skenking” wat bekend staan as “enige gratis oormaak van eiendom of gratis afstanddoening van ‘n reg”. Die Wet definieer ook “eiendom” as dat dit “enige reg op eiendom” insluit. Dit wek kommer dat die lener van die rentevrye lening – wat geen rente eis nie en toelaat vir die rentevrye lening om uitstaande te bly – gesien kan word as dat hy gratis van ‘n reg op rente afstand gedoen het, wat in terme van die Wet neerkom op ‘n skenking.

In die uiteensetting van hierdie kwessie, moet die volgende twee aspekte oorweeg word:

• Maak die leningsooreenkoms voorsiening vir die betaling van rente?

• In terme van die leningsooreenkoms, wanneer is die lening terugbetaalbaar?

Waar die leningsooreenkoms voorsiening maak vir die betaling van rente, maar die lener doen afstand van die betaling van sodanige rente in sy leeftyd, ontstaan ‘n vrywillige afstanddoening van sy reg op rente, wat in terme van die Wet kan neerkom op ‘n skenking met skenkingsbelasting wat betaalbaar is. Aan die ander kant, as die leningsooreenkoms geen voorsiening maak vir die betaling van rente op die lening nie, bestaan geen “reg” op rente nie en kan die lener dus nie afstand doen van enige “reg” tot rente nie, en sal geen skenkingsbelasting ontstaan nie.

Maar, selfs al kan getoon word dat die lener nie afstand gedoen het van enige “reg” tot rente nie en geen skenking ontstaan het nie, kan steeds geredeneer word dat die toestaan van ‘n lening aan ‘n trust in terme van artikel 58 van die Wet beskou kan word as ‘n skenking. Artikel 58 bepaal dat “waar daar oor eiendom beskik is teen ‘n vergoeding…wat nie voldoende vergoeding vir daardie eiendom is nie…word geag dat daardie eiendom beskik is ingevolge ‘n skenking.” Dus, waar ‘n leningsooreenkoms voorsiening maak vir die terugbetaling van die lening iewers in die toekoms, mag dit impliseer dat die lener onvoldoende vergoeding ontvang het vir die eiendom waarvan afstand gedoen is weens die effek van die tydswaarde van geld ten opsigte van die waarde van die eiendom. Aan die ander kant, sou die terugbetaling van die lening op aandrang van die lener wees, sal dit baie moeilik wees om die verlore waarde van die eiendom op enige spesifieke tyd te bereken, en so kommer verminder dat sodanige lening beskou kan word as ‘n skenking.

In jou geval moet daarop gelet word dat dit tans nie algemene praktyk van Suid-Afrikaanse Inkomstediens is om skenkingsbelasting op rentevrye lenings te hef nie. Om egter toekomstige geskille rakende jou lening te vermy, is dit raadsaam om die hulp van ‘n belastingspesialis in te roep en ‘n geskrewe leningsooreenkoms op te trek wat duidelik die voorwaardes aanspreek van die rentevrye lening aan jou trust.

 

Bron: BDP Prokureurs

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152