Saamgestelde rente: Wat werk en wat werk nie?

Maandag, Oktober 10th, 2016

Met behulp van ʼn begroting en meer gedissiplineerde besteding, het jy elke maand ʼn paar ekstra rand om te spaar. So, watter soort rentedraende rekening het jy toe vir jou spaargeld gekies en verdien jou spaargeld saamgestelde rente?

Moenie die fout maak om jou spaargeld in ʼn transaksiespaarrekening te sit nie. Jou geld sal geen rente verdien nie en sal in werklikheid elke maand minder word as gevolg van maandelikse gelde en transaksies op die rekening. Jy moet jou geld sit in ʼn rentedraende rekening wat saamgestelde rente verdien. Terwyl jy hard werk vir jou geld, sal jou geld op dié wyse hard werk vir jou.

 

Wat is saamgestelde rente?

Saamgestelde rente is rente wat rente op rente op rente verdien. Byvoorbeeld: R1 200,00 teen jaarlikse rente van 10% sal aan die einde van jaar een R1 320,00 beloop. Met saamgestelde rente op die R1 320,00 sal die bedrag in jaar twee R1 452,00 wees. Hoe langer jy die geld los waar dit is, hoe vinniger groei die bedrag as gevolg van saamgestelde rente op ʼn groter en groter bedrag.

Saamgestelde rente is lelik as dit op jou skuld toegepas word (gewoonlik maandeliks), maar wanneer jy dit gebruik om jou persoonlike rykdom te laat groei, is dit soos gratis lekkers.

Om die meeste uit saamgestelde rente te haal, moet jy elke maand geld in jou spaarrekening deponeer. Byvoorbeeld: as jy net R100 rand per jaar sit in ʼn rekening wat saamgestelde groei van 10% lewer, sal dit na 10 jaar R1 593,74 beloop. As jy vir dieselfde tydperk (10 jaar) elke maand R100 belê, sal hierdie geld deur saamgestelde groei R20 484,50 beloop.

 

Bron: FNB

 

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160