Ryk mense het dít in gemeen – studie

Maandag, Maart 7th, 2016

Kathleen Elkins

 

 

Toe Steve Siebold ʼn platsak universiteitstudent was, het sy soektog om ryk te word met een onderhoud begin – met ʼn miljoenêr, het US News & World Report berig.

Oor die afgelope drie dekades het hy al met meer as 1,200 van die wêreld se rykste mense onderhoude gevoer en self ʼn selfgemaakte miljoenêr geword.

In sy navorsing het hy opgelet dat die rykes ʼn tydverdryf in gemeen het: Hulle leer hulleself deur te lees.

“Stap by ʼn ryk persoon se huis in en een van die eerste dinge wat jy sal sien, is ʼn uitgebreide biblioteek van boeke wat hulle gebruik het om hulself te leer hoe om meer suksesvol te word,” skryf Siebold. “Die middelklas lees romans, poniekoerante, en vermaaklikheidstydskrifte.”

Ryk mense wil eerder opgevoed as vermaak word.

Neem Warren Buffett, byvoorbeeld, wat skat dat 80% van sy werksdag toegewy word aan lees.

Volgens Thomas Corley, skrywer van “Rich Habits: The Daily Success Habits of Wealthy Individuals”, kyk 67% van ryk mense TV vir een uur of minder per dag, terwyl net 23% van arm mense hulle TV-tyd onder 60 minute hou. Corley het ook bevind slegs 6% van rykes kyk na realiteitsprogramme, terwyl 78% van armes dit wel doen.

Terwyl rykes nie noodwendig veel waarde daaraan heg om rykdom deur formele onderwys te bekom nie – die meeste suksesvolle mense het min formele opvoeding – waardeer hulle die mag daarvan om te leer lank na universiteit iets van die verlede is, verduidelik Siebold.

“In die tussentyd is die massas oortuig dat meesters- en doktorsgrade die weg na weelde is, meestal omdat hulle in die liniêre lyn van denke vasgevang is wat hulle weerhou van hoër vlakke van bewussyn,” skryf hy. “Die rykes stel nie belang in die metodes nie, net in die uiteinde.”

 

Bron: Business Insider

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170