Riglyne vir besware en appèlle teen SARS

Vrydag, November 13th, 2015

Shepstone & Wylie Prokureurs se Belastingspan

 

Wanneer jy, as belastingbetaler, ‘n belastingopgawe-evaluering van die kommissaris van SARS ontvang waarmee jy nie saamstem nie, mag jy beswaar aanteken ingevolge die Wet op Belastingadministrasie, 28 van 2011 (”die Wet”).

Volgens artikel 96(2) van die Wet, moet die kommissaris die redes vir die evaluering aan die belastingbetaler verskaf. Dit gebeur dikwels dat die belastingbetaler moet eis dat die kommissaris aan die wetlike vereistes voldoen omdat daar al baie sake was waar die redes nie verskaf is nie. Die belastingbetaler moet ‘n versoek binne 30 dae rig om die redes te ontvang.  Eers as die redes verskaf is, het die belastingbetaler 30 dae om beswaar teen die evaluering te maak.

Belastingbetalers moet die nodige stawende dokumente saam met die beswaar inhandig om dit geldig te maak:

  • Persoonlike belastingbetalers: ‘n Kennisgewing van beswaar of Vorm NOO moet via ”e-Filing” ingehandig word.
  • Koporatiewe belastingbetalers: ‘n NOO-vorm moet via ”e-Filing” ingehandig word.
  • Trusts: ‘n ADR1-vorm moet per hand of per e-pos aan die betrokke SARS-beampte oorhandig of gestuur word.
  • BTW: Vir dividendebelasting, salarisrol-verwante belasting, ens., moet ‘n ADR1-vorm per hand of per pos ingehandig word.

SARS is bekend daarvoor dat hulle al by geleentheid verward met hulle eie proses geraak het deur besware te verwerp omdat die verkeerde vorm gebruik is of die verkeerde proses gevolg is, terwyl die belastingbetaler wel die regte vorm gebruik het of die regte proses gevolg het. In sodanige gevalle, moet die belastingbetaler die SARS-riglyne en wettigheid van die situasie aan SARS uitwys. ‘n Apologies al uitgereik word en die beswaar sal behoorlik bevestig word.

Wanneer ‘n belastingbetaler beswaar aanteken, moet die redes volledig in ‘n brief aan die kommissaris uiteengesit word. Hy/sy moet seker maak dat die redes deur al die nodige dokumente gesteun word om die beswaar geldig te maak.  Volgens ABC (Edms) Bpk v Kommissaris vir SARS, mag nie SARS of die belastingbetaler enige iets by die redes vir die beswaar voeg as die behoorlike procedure in die Wet nie gevolg word nie.

‘n Beswaar teen ‘n evaluering skort nie die verpligting ten opsigte van betaling op nie, dus is die belastingbetaler steeds aanspreeklik vir betaling van die belasting en SARS mag die belasting verhaal terwyl die dispuut aan die gang is.  Om te verseker dat SARS nie die bedrag in dispuut verhaal nie, mag die bealstingbetaler aansoek doen om opskorting van die betaling ingevolge artikel 164 van die Wet. Versoeke vir opskorting van betaling moet by die betrokke SARS-invorderingsbeampte wat die saak hanteer (waar daar ‘n beampte aangestel is) ingehandig word, of dit moet per hand by die Invorderingsdepartement van ‘n SARS-takkantoor ingehandig word.

Daar is ‘n verskil tussen ‘n substantiewe dispuut tussen SARS en ‘n belastingbetaler en ‘n algemene evalueringsfout. Indien die evaluering foute bevat, moet die belastingbetaler ‘n aansoek om regstelling indien, in plaas daarvan om te litigeer.

Nadat die belastingbetaler appèl aangeteken het (indien SARS die beswaar verwerp), mag SARS en die belastingbetaler poog om die dispuut deur die Alternatiewe Dispuutresolusie, volgens die prosedure in die Wet, op te los in plaas van deur die Raad op Belasting, die belastinghof, of enige ander hof.

Die Raad op Belasting moet die eerste opsie in ‘n appèlsaak wees as die belasting in dispuut nie die bedrag soos deur die minister vasgestel, oorskry nie (tans R500 000), ‘n senior SARS-beampte en die belastingbetaler daartoe instem, en die voorsitter van die Raad glo dat die saak voor die Raad moet dien in plaas van in die belastinghof (indien hy/sy meen dat die saak deur die hof aangehoor moet word, mag hy/sy opdrag gee dat die appèl by die hof ingedien word).

Indien die Alternatiewe Dispuutresolusie-weg gevolg word en dit is onsuksesvol en/of die belastingbetaler is nie tevrede met die Raad op Belasting se besluit nie, mag die belastingbetaler die appèl na die belastinghof verwys. Die belastinghof hoor appèlle aan wat meer as R500 000 is, asook sake in dispuut oor belangrike belastingbeginsels (insluitend sake wat nie R500 000 oorskry nie). Die belastinghof volg ‘n formele hofproses soos dié van die hoë hof.

In meeste appèlsake in die belastinghof, rus die bewyslas op die belastingbetaler omdat inligting in verband met die belastingbetaler se belastingposisie tot sy/haar kennis strek. Desnieteenstaande rus die onus van teenbewys op SARS (bewyse dat die belastingbetaler se inligting verkeerd is).

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170