Rentekoersverhoging: Hoe raak dit jou huisverband in rand en sent?

Vrydag, Julie 24th, 2015

Eugene Brink

 

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit op 23 Julie 2015 om sy repokoers met 0,25 basispunte tot 6% te verhoog, is goeie nuus vir spaarders en beleggers, maar slegte nuus vir diegene met huisverbande en voertuigpaaiemente.

 

Die prima uitleenkoers van banke is nou 9,5%, wat op 24 Julie in werking tree. Uitleenkoerse is sedert die begin van 2014 met 100 basispunte opgestoot om inflasie in toom te hou.

 

Volgens Jacques du Toit, eiendomsekonoom by Absa, kom die jongste rentekoersverhoging teen die agtergrond van onder meer die wisselkoers, voedselinflasie, brandstof- en elektrisiteitspryse sowel as die vooruitsig van moontlike rentekoersverhogings in die VSA later vanjaar.

 

Op ’n huisverband van R500 000 sal eienaars nou R81 per maand meer moet opdok, R146 meer op ’n huisverband van R900 000, en R244 op ’n verband van R1,5 miljoen. Kumulatief gesproke betaal jy sedert Januarie 2014 al R322 meer op ’n woning met ʼn verband van R500 000, R579 op ’n woning met ʼn verband van R900 000 en R965 op ’n verband van R1,5 miljoen.

 

Dit beteken eienaars van eiendom sal ná hierdie rentekoersverhoging R81 per maand meer moet opdok vir elke R500 000 wat hul verband beloop.

 

Du Toit verwag verdere rentekoersverhogings teen die einde van die jaar en in 2016 weens toenemende inflasionêre druk. “Hoër rentekoerse gaan skuldterugbetalings tot hoër vlakke opstoot. Dit sal uiteraard ’n impak hê op besighede se finansies, verbruikers- en sakevertroue, die vraag vir en bekostigbaarheid van krediet, asook verbruikersbesteding en vaste beleggings.”

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161