Raad en wenke vir die “toebroodjie-generasie”

Donderdag, Julie 23rd, 2015

Is jy, soos ʼn kwart van die land se bevolking, deel van die toebroodjie-generasie? Moet jy dus beide jou kinders en ouers finansieel onderhou? Solidariteit bied vandeesweek, as deel van Spaarmaand, raad en wenke vir gesinne wat deel is van die toebroodjie-generasie.

  1. Hoe kry ʼn mens dit reg om steeds te spaar indien jy vir beide jou ouers en kinders moet sorg? Om beide jou kinders en ouers finansieel te onderhou, is sonder twyfel ʼn enorme finansiële las wat groot spanning onder gesinslede kan veroorsaak. Dit is raadsaam om ʼn gesinsvergadering te reël waar almal genooi word om voorstelle te maak oor hoe die gesin uitgawes kan besnoei. Kan die gesin dalk sonder satelliettelevisie klaarkom? Kan die gesin se inkomste op ʼn manier aangevul word?
  1. Hoe kan jy as tiener help om die finansiële las op jou ouers, wat ook vir jou grootouers sorg, te verlig? Ingevolge artikel 43 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes mag kinders van 15 en ouer in diens geneem word – mits die werk nie gevaarlik of onvanpas is nie. Oorweeg die moontlikheid dat jou tiener iewers deeltydse werk doen wat nie met sy of haar skoolwerk inmeng nie. Idees: Au pair, studieleier, kelner, hond- of kinderoppasser.
  1. Hoe kan jy as ouer verhoed dat jy eendag finansieel van jou kinders afhanklik is? As ouer is dit waarskynlik nie vir jou ideaal om in jou kinders se oë te moet kyk vir finansiële ondersteuning nie. Daarom is dit noodsaaklik dat ʼn mens so vroeg as moontlik vir jou aftrede moet begin voorsiening maak. Dit is verder raadsaam om, indien jy fisies en verstandelik daartoe in staat is, ná die algemene aftreeouderdom van 65 jaar aan te hou werk om sodoende jou spaargeld aan te vul.

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152