Raad en wenke vir die indiening van jou belastingopgawe

Dinsdag, Junie 30th, 2015

’n Bekende gesedge lui: Die enigste sekerhede in die lewe is die dood en belasting. Met die belastingseisoen wat op 1 Julie
amptelik ’n aanvang geneem het, het hierdie gesegde vir almal weer ’n harde realiteit geword.

Juis daarom het die vakbond Solidariteit dit goedgedink om ’n handige gids saam te stel met nuttige wenke en inligting wat
jou vanjaar met die indiening van jou voorlopige belastingopgawe sal help.

Volgens Moira-Marie Kloppers, woordvoerder van Solidariteit, is die doel van die gids om belastingbetalers toe te rus met
die nodige inligting sodat hulle nie meer belasting betaal as wat nodig is nie. “Ongelukkig kry belastingbetalers in Suid-
Afrika nie goeie waarde vir hul belastinggeld nie. Korrupsie, gebrekkige dienslewering en grootskaalse vermorsing is aan die
orde van die dag. Juis daarom wil ons die belastingbetaler met die nodige kennis bemagtig sodat hy of sy nie onwetend
meer betaal as wat die wet verplig nie,” sê Kloppers.

Hier is alles wat jy moet weet om vanjaar so pynloos moontlik jou belastingopgawe in te dien:

Laai die volledige gids hier af

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161