Prysgroei in Pta, Jhb loop die res van Gauteng vooruit

Dinsdag, Oktober 13th, 2015

Eugene Brink

 

Huisprysgroei in Pretoria en Johannesburg het in die afgelope maande spoed opgetel ten spyte van ʼn versagting in residensiële inflasie in Gauteng as geheel. Kaapstad bly egter die beste stedelike area in SA vir huisprysgroei.

Volgens navorsing deur Pam Golding Eiendomme, het huisprysinflasie in hierdie twee metro’s die prestasie van huispryse in Gauteng as geheel oor die afgelope dekade nou nagevolg. Hierdie prentjie het egter in die afgelope maande verander. “Die laaste keer dat groei in metro-huispryse groei in die provinsie as geheel oorskry het, was in die vroeë 2000’s – voor die 2004 oplewing in die huismark,” lees die verslag.

Hierdie neiging herhaal homself in die Wes-Kaap, waar huisprysinflasie onder druk is, nogtans het die Kaapse metro-huispryse sedert middel-2014 skerp gestyg. Dit is die eerste keer sedert 2000 dat hierdie skerp uiteenlopendheid tussen metro- en provinsiale huispryse aangeteken is.

Die skerp styging in huispryse in die Kaapse metro word grootliks toegeskryf aan die ernstige voorraadtekorte in baie voorstede, sowel as die beperkings op grond beskikbaar vir ontwikkeling. “Die voortgesette verhuising van huiseienaars vanuit ander provinsies onderstut hierdie neiging.”

Wanneer die metro-streke vergelyk word, styg Kaapstad se jaarlikse groeikoers van 13.4% in Januarie 2015 duidelik uit bo die res wat groei betref. Pretoria is in die tweede plek met 9.6%, Johannesburg is derde met 7.9% enThekwini (Durban) is vierde met 7.5%.

“Huisprysinflasie binne die hoof metropolitaanse areas toon toenemend meer versnelde groei as wat in die meeste nie-metro-areas gesien word. Die metro-areas is tipies verantwoordelik vir die meeste ekonomiese aktiwiteit in ʼn provinsie en ervaar dus ʼn reëlmatige invloei van mense op soek na ekonomiese geleenthede. Die beskikbaarheid van grond in die metro-areas wat dikwels gestriem is, gepaardgaande met snelle verstedeliking en in-migrasie tussen metro’s, dra by tot ʼn reëlmatige toename in metro-huisprysinflasie,” sluit die verslag af.

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161