Moontlike slaggate van belastingvry spaarrekeninge

Donderdag, Mei 19th, 2016

Hoewel belastingvry spaarrekeninge beleggers ’n nuwe manier van spaar bied met baie voordele, soos buigsaamheid, bo en behalwe dat jy nie belasting op die opbrengs van jou belegging betaal nie, is daar ’n paar goed wat oorweeg moet word. Karin Muller, hoof van groeimark-oplossings by Sanlam, raai aan dat daar na die volgende potensiële slaggate gekyk moet word voordat ’n belegging in belastingvry spaarrekening oorweeg word:

 

Beleggings vir kort tydperke

Om voordeel uit die belastingverligting op beleggingsopbrengste in ’n belastingvry spaarrekening te trek, het jou belegging genoeg tyd nodig om beleggingsopbrengste te verdien. “As jy vir ’n kort tydperk belê, sal jy nie die belastingvoordeel kry nie jy sal van jou toegewese leeftydbydrae opgebruik.”

 

As meer as die jaarlikse bydraelimiet belê word

Geen ongebruikte deel van die jaarlikse bydraelimiet van R30 000 per belastingjaar mag oorgedra word nie. Dis ’n geval van gebruik dit of jy verloor dit. Eweneens, as die totale betalings die jaarlikse perk oorskry, sal jy ’n belastingboete van 40% op die oortollige bydraes betaal. ’n Soortgelyke boete is van toepassing op betalings wat die leeftydlimiet van R500 000 oorskry. “Beleggers moet dus wakker loop – as jy baie belastingvry rekeninge het en nie tred hou met jou jaarlikse en leeftydperke nie, sal jy soos vir ’n normale belegging aangeslaan word.”

 

Belegging in ontoepaslike fondse

Soos met enige ander spaarmedium, moet jy seker maak dat jou beleggingsportefeulje gepas is vir jou belegginshorison en optimale opbrengste teen ’n aanvaarbare risikovlak sal lewer.

Om te verseker dat jy voordeel trek uit ’n belastingvry spaarrekening op die wyse wat Nasionale Tesourie dit beoog, raai Muller aan dat jy eers met ’n professionele finansiële adviseur praat. “Dit sal verseker dat jou beleggingsbesluite in lyn is met jou persoonlike vereistes en deel vorm van ’n weloorwoë finansiële plan,” sluit sy af.

 

Bron: Sanlam

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152