Deur Emsie Martin
Min mense het op die dag van hul aftrede genoeg geld om hul lewenstyl te handhaaf en die meeste van ons besef dit te laat. Die meeste mense verkies om nie daaraan te dink nie of is onrealisties oor wat jy maandeliks gaan nodig hê.
In vandag se moeilike ekonomiese tyd is dit vir baie Suid-Afrikaners nie 'n prioriteit om vir aftrede te spaar nie. En wanneer jy skaars kos op die tafel kan sit en van dag tot dag leef, is spaar die laaste ding waaraan jy dink. Wat gaan jy doen as jy die dag die verpligte aftreeouderdom bereik?
As jy 'n groot salaris verdien, is dit maklik om te praat van pensioen-, voorsorg- en uittredingsannuïteitsfondse en hoeveel belastingvoordele dit inhou en hoe nuttig dit is wanneer dit kom by jou finansiële beplanning, boedelbeplanning ingesluit. Al sou 'n finansiële adviseur nou vir jou vertel jy het R1 miljoen te min om af te tree, is daar niks wat jy daaraan kan doen nie. Dit is die wrede werklikheid. Die maatskappy waarvoor jy werk, is 'n privaat maatskappy en jy gaan beslis nie soos by groot maatskappye met miljoene aftree nie. Jy gaan heel waarskynlik nie eers die belastingvry bedrag ontvang nie.
Belastingvry
Gedurende jou leeftyd kan jy altesaam R500 000 van jou spaargeld vir aftrede belastingvry neem wanneer jy aftree. Alle bedrae (meer as R25 000) wat jy in kontant onttrek voor jy aftree, sal hierdie bedrag egter laat verminder.
Hoeveel jy belas word, hang af van hoeveel jy neem en wanneer jy dit neem, en word gewoonlik soos volg bereken:
R0 tot R500 000 − 0%
R500 001 tot R700 000 − 18%
R700 001 tot R1 050 000 − 27%
R1 050 000 en meer − 36%.
Maar wat doen jy as jy nie 'n aftreefonds kan bekostig nie of jy gaan pensioen ontvang, maar dit is vêr te min om op te oorleef? Wat gaan jy met daardie paar rand maak?
Hier is 'n paar wenke:
Beheer jou uitgawes
Verbeter jou finansiële welstand
Maak seker jy eis jou belastingkorting
Baie mense maak die fout om die belastingvoordele wat sekere produkte bied oor die hoof te sien. Maak dus seker jy kry die regte finansiële advies oor pensioenuitbetalings en belasting.
Die Solidariteit Gilde vir Finansiële Beroepe is 'n gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die finansiële bedryf aanbied met mekaar in aanraking te bring. Dit bied aan lede 'n netwerk waardeur lede met mekaar kan skakel, beste praktyke kan deel en sake kan doen. Besoek https://gildes.solidariteit.co.za/finansies/ vir meer inligting.
Bronne en LEES OOK:
https://www.sars.gov.za/wp-content/uploads/Docs/Budget/2020/Budget-Tax-Guide-2020-Afrikaans.pdf
https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Aftrede/vinnigewenk-kry-n-stokperdjie-20161213
Oops! We could not locate your form.