Pasop vir hierdie e-pos-slenter

Woensdag, November 4th, 2015

’n DStv-e-pos doen tans die rondte waarin potensiële slagoffers gevra word om hul e-pos-adresse te verifieer deur op ’n skakel te klik.

Die e-pos, wat hier onder verskyn, kom oënskynlik van ’n @multichoice.com-adres en beweer dat dit van die DStv Connect Team afkomstig is.

Die e-pos lui, in Engels, “Dear Customer. We noticed you have not yet verified your email address”, waarna die ontvanger aangesê word om op ’n skakel te klik om die adres te verifieer om te voorkom dat hy afgesny word.

Die skakel lei na ’n Dropbox-vorm wat vra vir ’n e-pos-adres en ’n wagwoord.

MultiChoice het bevestig dat die e-pos vervals is.

“Ons sal nooit ons kliënte vra om op ’n skakel te klik om hul e-pos-adres te bevestig om te voorkom dat hul DStv-diens afgesny word indien hul e-pos-adres nie geverifieer word nie,” sê Multichoice.

 

Bron: Mybroadband

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161