Pasop vir hierdie DStv-epos-slenter

Woensdag, Januarie 11th, 2017

ʼn DStv-uitvis-e-pos doen nou die rondte en vra potensiële slagoffers om hul e-posadres te verifieer deur op ʼn skakel te klik.

Die e-pos, wat hier onder verskyn, kom oënskynlik van ʼn @multichoice.com-adres en verklaar dat dit deur die DStv Connect-span gestuur is.

Die e-pos lui “Dear Customer. We noticed you have not yet verified your email address,” voordat dit die ontvanger aansê om op ʼn skakel te klik om die adres te verifieer en te voorkom dat hy afgesny word.

Die skakel lei na ʼn Dropbox-vorm wat vir ʼn e-pos-adres en ʼn wagwoord vra.

MultiChoice het bevestig dat die e-pos vals is.

“Ons sal nooit ons kliënte vra om op ʼn skakel te klik om hul e-pos-adres te verifieer en dan hul DStv-diens afsny as hul e-pos-adres nie geverifieer word nie,” het MultiChoice verklaar.

 

Bron: Mybroadband

Ander Artikels

Belangrike belastingwenke vir 2017
Karen van der Berg     Daar is een ding wat jaar na jaar vas bly staan: Belasting moet betaal en bewyse daarvan moet ingedien word. Vir die meeste mense veroorsaak dit ʼn groot kopseer en slapelose nagte. Dit is egter nie nodig nie, sê Coba Boshoff, ʼn belastingkonsultant van die Paarl. “Daar is sekere […]
Die 2 soorte verkeersboetes
Sanette Viljoen       Dit is belangrik om te verstaan dat daar twee tipes verkeersboetes bestaan en ook om te weet wat is elkeen se risiko.   Artikel 341-boete Hierdie boete word uitgereik wanneer dit nie duidelik is wie die bestuurder van die motor is nie. Voorbeelde van hierdie boetes is ‘n parkeerkaartjie of […]
Deeltitel: Geiser-instandhouding en aanspreeklikheid vir koste
Anton Kelly   Daar is iets onvermydelik in verband met die koste van geiser-instandhouding en –vervanging: die betrokke eienaar is aanspreeklik vir alles waarvoor die regspersoon se versekering nie betaal nie! Dit help as mens die bepalings verstaan wat hierdie “geen wegkruipplek”-situasie skep. In die meeste moderne residensiële skemas is die geiser in die eenheid […]
1 2 3 139