Pasop vir ‘eFiling’-slenters!

Donderdag, April 7th, 2016

Andrew Lockem

 

SAID het ʼn indrukwekkende “eFiling”-stelsel geïimplementeer, wat hulle beskryf as ʼn “eenvoudige en gerieflike” manier om met hulle te kommunikeer. As gevolg hiervan word belastingbetalers dikwels gemotiveer om “eFiling” te gebruik in plaas van om in lang, ongewenste toue te staan en wag.

Dit kom egter as geen verrassing nie dat kubermisdadigers poog om voordeel te trek uit die feit dat baie mense elektroniese metodes gebruik om hulle persoonlike sake te bestuur.

As belastingbetaler moet jy jou e-posadres beskerm; wees versigtig met wie jy dit deel. Misdadigers stuur vals e-posse wat lyk asof dit van SAID af kom na belastingbetalers, byvoorbeeld “no-reply@sars.gov.za”, ”funds@sars.co.za” of ”sars@gmail.co.za”. In die meeste gevalle word hierdie e-posse of teksboodskappe gestuur met die doel om die belastingbetaler se persoonlike inligting te bekom of selfs om die belastingbetaler te versoek om skakels te volg en deposito’s in buitelandse rekenings te maak.

As jy jouself ʼn slagoffer van bogenoemde misdade bevind of jy is agterdogtig oor enige elektroniese slenters, stuur ʼn e-pos aan phishing@sars.gov.za, skakel die bedrogspoedlyn op 0800 00 2870 of kontak ʼn regspraktisyn om jou te help.

 

 

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170