Pasop vir dié Eskom-bankslenter

Maandag, Augustus 29th, 2016

Eskom het gewaarsku teen ’n slenter deur misdadigers wat voorgee om die maatskappy te verteenwoordig en dat sy bankbesonderhede verander het.

Die swendelaars beweer dat Eskom sy bankrekening na Nedbank verskuif het en gee dan die nuwe besonderhede.

“Die swendelaars gebruik briewe, fakse en e-posse met die Eskom-logo en die vervalste handtekening van Eskom se groep hoof uitvoerende beampte, Brian Molefe. “Hulle het ook Nedbank-bankbesonderhede vervals,” het die kragnutsmaatskappy in ’n verklaring gesê.

“Eskom-kliënte word gevra om kennis te neem dat Eskom nie ’n bankrekening by Nedbank het nie en dat Eskom nooit op hierdie wyse kennisgewings aan sy kliënte sal stuur nie.”

Eskom sê bankbesonderhede verskyn op elke kliënt se elektrisiteitsrekening en agterdogtige kliënte moet die groep se kliënteoproepsentrum vir bevestiging bel.

 

Bron: Business Insider

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170